Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Betoging by hof ná moord op ma en seun

Inwoners van Worcester het Dinsdag voor die landdroshof betoog tydens die verskyning van Moegamat Fortuin (45).

Fortuin word daarvan aangekla dat hy sy gewese meisie, Melvinia Adler (30) en haar seun, Jovante Adler (10), op 10 November by haar huis in Roodewal, Worcester, vermoor het.

‘n Groep vroue het Dinsdag voor die landdroshof in Worcester betoog waar Moegamat Fortuin in verband met die moord op Melvinia Adler en haar seun, Jovante Adler, verskyn het.

Hy het glo vir Adler en Jovante herhaaldelik met ’n skroewedraaier gesteek en met ’n hamer doodgeslaan.

Sy saak is Dinsdag tot 15 Desember vir verdere ondersoek uitgestel.

Moegamat Fortuin en Melvinia Adler in gelukkiger dae. Foto: Facebook

Eric Ntabazalila, woordvoerder vir die nasionale vervolgingsgesag, het Dinsdag gesê al het Fortuin sy borgtogaansoek laat vaar, sal die staat enige borgtogaansoek in die toekoms teenstaan.

Fortuin is Sondagaand op die toneel waar Adler en haar seun in ’n plas bloed gelê het, in hegtenis geneem.

Buite die landdroshof het ’n groep vroue betoog met plakkate met boodskappe wat lui dat die geweld teen vroue en kinders moet stop.

Van die plakkate het ook gelui dat geen borgtog vir vroue en kinders se moordenaars toegestaan moet word nie.

Jovante Adler

Meer oor:  Melvinia Adler  |  Jovante Adler  |  Worcester  |  Gesinsgeweld  |  Moord  |  Hof  |  Geweld Teen Vroue En Kinders
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.