Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Betoging teen sakeman wat van aanranding aangekla word

’n Stille protes Dinsdagoggend teen geslagsgeweld het ’n sakeman van Port Elizabeth, wat van aanranding op ’n voormalige vriendin beskuldig word, buite die plaaslike landdroshof begroet.

Naadir Abader (regs), wat teregstaan op ’n aanklag van aanranding met die doel om ernstig te beseer, verlaat Dinsdagoggend die landdroshof in Port Elizabeth. Voor hom stap sy regsverteenwoordiger, Danie Gouws. Foto: Lulama Zenzile

Dit was die eerste hofverskyning van Naadir Abader (33), eienaar van ’n veiligheidsmaatskappy, nadat hy op 23 Junie by sy huis in Lorraine op aanklagte van aanranding met die doel om ernstig te beseer en opsetlike saakbeskadiging in hegtenis geneem is.

Hy is dieselfde aand op borgtog van R500 vrygelaat.

’n Groep mense betoog buite die landdroshof in Port Elizabeth ter ondersteuning van Josca Human, wat na bewering deur Naadir Abader aangerand is. Foto: Lulama Zenzile

Die saak spruit uit die beweerde aanranding van Josca Human (25), toe sy vriendin, op 19 Junie waarin haar oor gedeeltelik geskeur is. Sy is onder meer ’n radio-omroeper by ’n plaaslike Christelike radiostasie.

Dinsdag het ’n groep mense buite die landdroshof in stilte met plakkate teen geslagsgeweld gestaan. Op sommige plakkate was foto’s van Human met die beserings aan haar gesig.

Onder dié groep was lede van die plaaslike ANC-vroueliga, wat ná afloop van die hofsaak in ’n verklaring sy skok oor die voorval uitgespreek het.

Die organisasie sê ook hy is teleurgesteld dat borgtog aan Abader toegestaan is, asook oor die “skamele” bedrag wat hy as sakeman daarvoor betaal het. Dít soveel te meer in ’n tyd waarin geslagsgeweld toeneem en pres. Cyril Ramaphosa sy bekommernis daaroor uitgespreek het en sterker regsoptrede voorstaan.

Naadir Abader (regs met die bril en blou masker) stap Dinsdag agter sy regsverteenwoordiger, Danie Gouws (met die swart masker), verby ’n groep ondersteuners van Josca Human wat hom buite die landdroshof in Port Elizabeth ingewag het. Foto: Lulama Zenzile

Die vroueliga gaan ’n beroep doen op die hof dat die beskuldigde nie weer ’n vuurwapen mag besit nie en dat die aanklag teen hom na een van poging tot moord verander word.

Abader het net vlugtig verskyn en die saak is vir verdere ondersoek tot 5 Augustus uitgestel.

Human het Dinsdag gesê hoewel daar nog ’n lang pad na herstel vir haar voorlê, voel sy baie geseënd oor die geweldige ondersteuning wat sy kry.

“Ek hoop hierdie dien as ’n waarskuwing aan alle mans daar buite dat geslagsgeweld nie aanvaarbaar is nie,” het sy gesê.

Meer oor:  Port Elizabeth  |  Aanranding  |  Protes  |  Sakeman
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.