Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Bevel gekry teen besetters wat langs lughawe wil plak

’n Groep mense wat van plan is om Sondag op ’n stuk munisipale meentgrond langs die Bram Fischer-lughawe by Bloemfontein te plak, gaan hulle teen ’n hofbevel van die Vrystaatse hooggeregshof vasloop.

Die Vrystaatse hooggeregshof in Bloemfontein. Foto: Alzane Narrain

In hul eerste poging die afgelope Sondag het sowat 40 van hulle by die verkeerde adres in Tielman Roos-laan, Vaalbank-Suid, opgedaag. Dit was nie die eiendom van die munisipaliteit soos wat hulle gedink het nie.

Die groep, waarvan die meeste erg besope was, is toe skemeraand daar weg, met die belofte om eerskomende Sondag op die munisipale meentgrond te gaan plak, lui die hofstukke.

Hulle het gesê hulle is moeg om vir die munisipaliteit te wag en gaan nou die grond vat.

Blykbaar was hulle die afgelope Sondag in ’n taverne waar vier mans vir hulle drank gekoop het. Die gesprek daar was glo rassisties van aard en het daaroor gegaan dat wit mense grond het en swart mense nie.

Hulle was glo ook ontsteld omdat die DA die tussenverkiesing in hul wyk gewen het, lui een hofverklaring.

Dié soort bymotiewe om politieke punte aan te teken is nie in die belang van die gemeenskap nie.

Die stuk grond wat hulle glo nou teiken, langs Tibbie Visser-laan, Estoire, word deur die Bram Fischer-meentgrond-vereniging gebruik.

Lucas Thibile, voorsitter van die vereniging, sê in ’n hofverklaring sy 20 lede boer al van voor 2010 met sowat 200 beeste, skape, bokke en varke op dié stuk grond.

Sy vereniging het die tussentydse hofbevel aangevra wat die plakkers die grond belet.

Kapt. R.J. Koaho van die polisie, ’n lid van die vereniging wat 40 stuks vee daar het, sê in ’n hofverklaring dit is jammer dat daar voor ’n verkiesing gewoonlik ’n toename in onwettige grondbesettings is.

Dié soort bymotiewe om politieke punte aan te teken is nie in die belang van die gemeenskap nie.

Erasmus van Zyl, voorsitter van Vaalbank-Suid se buurtwag, sê die ingang tot die grond wat die mense wil beset, is sowat 50 m van die grens van die lughawe en sowat 500 m van die naaste aanloopbaan se punt.

Luidens regter Johann Daffue se tussentydse bevel kan die balju met die hulp van die polisie die mense verwyder as hulle die grond probeer beset.

Adv. Anton Roux het in opdrag van Frikkie van Eeden van Van Eeden-prokureurs vir die vereniging opgetree.

Meer oor:  Bloemfontein  |  Plakkers  |  Hofbevel  |  Besetters
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.