Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Bitou-hoë se aanstelling onreëlmatig, sê hof

Die Bitou-munisipaliteit in Plettenbergbaai se heraanstelling van ’n munisipale bestuurder wat in 2012 ná ’n tugproses afgedank is, is onreëlmatig en moet tersyde gestel word.

Anton Bredell, Wes-Kaapse LUR vir plaaslike regering, omgewingsake en ontwikkelingsbeplanning. Foto: Verskaf

So het die arbeidshof bevind in ’n saak teen die Bitou-munisipaliteit, sy burgemeester en die munisipale bestuurder, sê die kantoor van Anton Bredell, Wes-Kaapse LUR vir plaaslike regering, omgewingsake en ontwikkelingsbeplanning, in ’n verklaring.

Bredell is hof toe om die wettigheid van die munisipale raad se optrede te betwis nadat ander opsies uitgeput is.

Hy het aangevoer dat Lonwabo Ngoqo in Februarie onreëlmatig heraangestel is as munisipale bestuurder en dat ’n bedrag van R781 184 onreëlmatig aan hom uitbetaal is.

Die Bitou-munisipaliteit het Ngoqo in 2012 afgedank nadat hy in ’n tugproses aan finansiële wangedrag skuldig bevind is.

Die hof het bevind Bitou se besluit om Ngoqo weer aan te stel was onwettig en dat die skikkingsooreenkoms tussen die munisipaliteit en Ngoqo, asook sy heraanstelling as munisipale bestuurder, ter syde gestel moet word.

’n Kostebevel is ook teen die raad gemaak.

Volgens Bredell wil sy kantoor nie hof te gaan teen ’n ander regeringsfeer nie, maar soms is daar geen ander opsie nie. “In die Wes-Kaap vereis die oppergesag van die reg en die voortgesette verbintenis tot goeie regering en verbeterde dienslewering dat ons nie onwettige besluite wat ’n risiko inhou vir ’n munisipaliteit se vermoë om sy werk te doen, sal duld nie. Ons het die saak hof toe gevat en ons is tevrede met die uitkoms.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.