Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
BLF-uitlatings 'kom uit plek van pyn'

Andile Mngxitama, BLF-leier, het Dinsdag in die gelykheidshof in Johannesburg gesê dat die uitlatings van lede van sy organisasie ná die dood van vier leerlinge in die brugtragedie by die Hoërskool Driehoek in Vanderbijlpark "vanuit 'n plek van pyn waarmee swart mense moet saamleef", kom. 

"Dit was 'n spontane reaksie. Ons vier glad nie ander se dood nie. Maar as swart kinders in puttoilette val en sterf word daar nie 'n groot ophef gemaak nie. Die spontane reaksie deur die BLF-lede moet teen die agtergrond van ons geskiedenis en waar ons as 'n land vandaan kom, gesien word. Solidariteit gebruik hierdie tragedie om ons as 'n organisasie polities  by te kom," het Mngxitama gesê. 

Lees ook: Haatspraak-saak teen BLF voor gelyksheidshof

Adv. Dirk Groenewald, vir Solidariteit, het gesê dat die BLF nie agter enige vorm van historiese woede vir die uitlatings van hul lede kan skuil nie. 

"Haatspraak is haatspraak. Die BLF sê hulle is in 'n stryd gewikkel met wit mense en dit is binne hierdie konteks dat hul uitlatings beoordeel moet word," het Groenewald gesê.

Meer oor:  Solidariteit  |  Hoërskool Driehoek  |  Blf  |  Johannesburg  |  Haatspraak
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.