Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
‘Bloed het by Hannah se oë uitgekom’

Daar was bloed wat by haar mond en oë uitgekom het, maar geen beserings is aangemeld nie.

Reservis-konst. Andile Jongilani, van die Stellenbosch-polisiekantoor, is op 27 Mei 2017 na die toneel ontbied waar Hannah Cornelius se lyk gevind is. Hy was nie eerste op die toneel nie, maar hy was daarvoor verantwoordelik om die dossier vir Cornelius te open.

Die klip wat by Hannah Cornelius se lyk gevind is. Die relevansie hiervan sal later bekend word. Foto: Verskaf

Jongilani het Donderdag as die staat se tweede getuie in die hooggeregshof in Kaapstad getuig.

Vernon Witbooi, Geraldo Parsons en Eben van Niekerk staan tereg op tien aanklagte. Hulle het skuld ontken op vier aanklagte van roof met verswarende omstandighede, drie aanklagte van menseroof, een aanklag van poging tot moord, een van verkragting en een van moord. Die vierde beskuldigde, Nashville Julius, staan tereg op twee aanklagte van menseroof en twee aanklagte van roof met verswarende omstandighede. Hy het ook skuld op al die aanklagte teen hom ontken.

Cheslin Marsh, Cornelius se vriend wat die aand saam met haar ontvoer en met klippe aangerand en vir die dood gelos is, het eerste getuig.

Reservis-konst Andile Jongilani in die hooggeregshof in Kaapstad voor hy getuig. Foto: Jana Breytenbach

Jongilani sê toe hy omstreeks 11:00 by die Groenhof-plaas op die Bottelary-pad aankom, was die lyk van Cornelius reeds met ’n hospitaalkombers bedek. Sy is toe ook reeds deur ’n dokter as dood gesertifiseer.

Jongilani sê hy het nie die hele kombers opgelig nie, maar net bo by Cornelius se gesig om te sien hoe haar beserings lyk.

“Daar was bloed wat uit haar mond gekom het en ook by haar oë,”’ sê Jongilani.

Hy het bevestig hy kon nie verder enige beserings sien nie.

Hy het getuig dat Cornelius se broek halfpad afgetrek was, wat die onderste gedeelte van haar agterlyf aan die elemente ontbloot het.

Jongilani het ’n groot klip naby die lyk gesien, maar het dit nie ingedien nie omdat hy geen bloed daarop gesien het nie.

Ná sy hoofgetuienis het geen van die beskuldigdes se regsverteenwoordigers enige vrae vir Jongilani gehad nie. Hy is as getuie verskoon.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.