Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Seesig-moord: Man (21) in hof vir vrou se moord

Kyle Ruiters (21) van Bellville, wat glo ’n vrou vermoor en haar lyk in stukke opgekap het, het Maandag vlugtig in die landdroshof in Bellville verskyn op ’n aanklag van moord.

Kyle Ruiters Maandag in die landdroshof in Bellville. Foto: Jaco Marais

Lynette Volschenk (32), wat op die tiende verdieping van die Seesig-woonstelle in Loevenstein gebly het, se lyk is verlede Donderdag gevind nadat kollegas en familie onraad vermoed het.

Landdros Fezile Fanie het die saak tot 2 September uitgestel vir verdere ondersoek en opdrag gegee dat Ruiters in aanhouding bly.

Dit is sodat die beskuldigde se regspan hom kan konsulteer en die ondersoekbeamptes makliker toegang tot hom sal hê.

Die staat en die verdediging het ingestem dat foto’s van die beskuldigde in die hof geneem kan word.

Die staatsaanklaer, Lulama Qunta, het gesê die staat het geen besware nie. Ruiters se regsverteenwoordiger, Edward McCullum, het gesê sy kliënt se foto het reeds in die media verskyn en dat hy daarom nie ’n probleem daarmee het nie.

Ruiters woon saam met sy ma, adv. Theresa Ruiters, op die negende verdieping van die woonstelgebou waar Volschenk vermoor is.

Hy is verlede Donderdag in hegtenis geneem kort ná die voorval en is glo in Volschenk se woonstel gekry.

Familielede van Ruiters en Volschenk was in die hof, maar wou nie met die media praat nie.

Buite die hof het lede van SA Vroue Veg Terug, wat hulle vir vroueregte beywer, daarop aangedring dat Ruiters nooit weer sy voete op straat moet sit nie.

Kyle Ruiters, die vermeende moordenaar van Lynette Volschenk, wat Maandag vlugtig in die landdroshof in Bellville verskyn het.

Natalie Carter, woordvoerder van die groep, het gesê hulle is by die hof in samehorigheid met die slagoffer en haar familie.

“Ons kan net nie meer toelaat dat ons vroue so wreed vermoor word nie. Ons moet praat vir diegene wat nie meer vir hulself kan praat nie,” het sy gesê.

Volgens berigte is Volschenk se kop glo ’n dag later in ’n polisiesoektog in ’n inkopiesak in die bosse naby die woonstelgebou gevind.

Volschenk is na bewering vermoor en haar lyk glo toe met ’n ystersaag en ’n mes opgesny en van haar liggaamsdele is in swartsakke en ander plastieksakke gesit.

Meer oor:  Lynette Volschenk  |  Kyle Ruiters  |  Bellville  |  Seesig-Grumoord  |  Vermoor
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.