Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Bloem-sakeman vrygespreek van gholfklub-verkragting

Met ’n breë glimlag op sy gesig het Emile Swart (34) uit die streekhof in Bloemfontein gestap nadat hy Woensdag vrygespreek is op aanklag daarvan dat hy ’n bemarker ná ’n gholfdag in ’n vrouebadkamer van ’n spog-gholfklub in die stad verkrag het.

Emile Swart (links) stap met ’n breë glimlag op sy gesig uit die streekhof in Bloemfontein. Langs hom is sy prokureur, Bertus Jacobs. Foto: Alane Narrain

’n Aansoek deur adv. Johann Nel SC dat Swart, ’n getroude sakeman van die Wild Olive-landgoed, op aanklag van verkragting ontslaan word, is deur streeklanddros Jan Greyvenstein toegestaan.

Swart het met sy gesig in sy hande na die uitspraak geluister en kon die trane nie keer toe dit in sy guns was nie.

Landdros Greyvenstein het bevind die getuienis van die 35-jarige klaagster, destyds ’n bemarker van ’n motorhandelaar in die stad, oor die gebeure die aand van 12 Mei 2015 was vol weersprekings. Sy het in kruisondervraging erg kleigetrap.

Die vrou het met ’n verskeidenheid oplossings probeer opkom en erge aanpassings gemaak met betrekking tot belangrike aspekte van gebeure. Later het niks meer logies sin gemaak nie, het landdros Greyvenstein gesê.

Hy het gesê enigeen wat na die foto’s van die gholfdag kyk, sal kan sien dat drank duidelik ’n rol gespeel het.

Van die foto’s toon dat sy op ’n vlak was waar sy die grense vir so ’n aand oorskry het.

“Die wyse waarop sy ’n onbekende man gesoen het en sy kop met haar ander hand teen haar vasgedruk het, dui op intimiteit wat selfs in dié hof min gesien word.”

Landdros Greyvenstein het gesê dié saak is ’n voorbeeld van hoe ’n onskuldige man deur die hele ongemak van inhegtenisneming en hofverskynings moes gaan. Uiteindelik is daar wel by die regte beslissing uitgekom.

Daar is net een manier en dit is om mense en die wêreld vierkant in die oë te kyk.

Wat nou baie belangrik is, is hoe Swart die proses verder gaan neem, het landdros Greyvenstein gesê.

“Daar is net een manier en dit is om mense en die wêreld vierkant in die oë te kyk.”

Swart het deurgaans ontken dat hy die vrou verkrag het, maar het toegegee dat hulle met wedersydse instemming seksueel verkeer het.

Nel het in opdrag van Bertus Jacobs van Jacobs Fourie-prokureurs vir Swart opgetree. Adv. Tammy McPherson het aangekla.

Meer oor:  Bloemfontein  |  Verkragting
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.