Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Bloem-verkragter se vonnis versag

Die twee lewenslange vonnisse wat Rayno Cramer van Bloemfontein weens die verkragting van ’n minderjarige meisie opgelê is, is op appèl in die Vrystaatse hooggeregshof tersyde gestel en aansienlik verlig.

Cramer (47), ’n voormalige elektrisiën van die Vrystaatse Psigiatriese Kompleks in Bloemfontein, sal sy vonnisse só uitdien dat hy effektief vir 10 jaar tronk toe gestuur word, het regter Celéste Reinders gelas.

Rayno Cramer vroeër in die Bloemfonteinse streekhof. Foto: Mlungisi Louw

Reinders het Cramer se skuldigbevinding bekragtig. Die streekhof het bevind dat hy die klaer, ’n 26-jarige student aan die Universiteit van die Vrystaat, in 2003 en 2004, toe sy 13 en 14 jaar oud was, onsedelik aangerand en verkrag het.

Die twee lewenslange vonnisse wat hy op twee aanklagte van verkragting opgelê is, is elk tot 10 jaar verminder. Die ses jaar tronkstraf weens onsedelike aanranding is tot 12 maande verminder.

Reinders het in haar appèluitspraak gesê sy stem saam met die staat wat toegegee het dat die vonnis te swaar is.

Die staat het ook toegegee dat streeklanddros Jan Greyvenstein die beginsel van seksuele gereedmaking (grooming) as strafverswaring teen Cramer oorweeg het, terwyl hy nie op dié aanklag tereggestaan het nie.

Geen getuienis van seksuele gereedmaking is ook aangebied nie.

Sy het Cramer se persoonlike omstandighede in ag geneem sowel as die lang tydsverloop tussen sy eerste verskyning in September 2010 in die hof en toe die verhoor in April 2016 afgehandel is.

Reinders het bevind dat daar dwingende en wesenlike omstandighede is om in sy geval van die voorgeskrewe minimum vonnisse af te wyk.

Regter Corné van Zyl het met dié bevindings saamgestem.

Adv. Johann Nel SC het in opdrag van Kramer, Weihmann en Joubert-prokureurs vir Cramer opgetree.

Adv. Marius Strauss het namens die staat opgetree.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.