Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Bloemside-ma vermoor: Dogter op borgtog vrygelaat

’n Jong vrou van Bloemfontein wat na bewering saamgesweer het om haar ma te vermoor, is in die Bloemfonteinse landdroshof op borgtog van R2 000 vrygelaat.

Chardonnay Schoonwyk Foto: ALZANE NARRAIN

Dit blyk nou dat die staat nie ’n goeie saak teen Chardonnay Schoonwyk (23), ’n student van Geelvislaan, Bloemside, het nie.

Sy is aangekla ná die mesdood van haar ma, Susan Schoonwyk (48), in die vroeë oggendure op 23 Januarie in haar huis in Bloemside.

Johan de Vries het voor landdros Carlos Frade toegegee dat die staat se saak teen Chardonnay nie baie sterk is nie omdat inligting waarna die polisie soek, nie na vore kom nie. Die staat kort ook nog inligting wat op haar selfoon is.

Die staat het nie haar aansoek om borgtog teengestaan nie.

Riaan Coetzee het namens haar ’n verklaring voorgelees waarin sy sê dat sy skuld op die aanklag teen haar gaan ontken.

Sy onderneem ook om nie met staatsgetuies in te meng nie en dat sy haar verhoor sal bywoon.

Sy het geen vorige veroordelings of enige sake hangend teen haar nie.

Sy het Vrydag in voetboeie in die hof verskyn en is al sedert 5 Februarie in aanhouding.

Sy het geen vorige veroordelings of enige sake hangend teen haar nie.

Sy is in die Bloemspruit-polisiekantoor in hegtenis geneem toe sy daar oor die moordondersoek gaan navraag doen het.

Die staat beweer sy het ’n huurmoordenaar gekry om haar ma te vermoor. Haar ma is glo in haar huis oorval en 13 keer met ’n mes gesteek.

Die moordenaar is nog nie vasgetrek nie.

Chardonnay moet volgende maand weer in die hof verskyn.

Meer oor:  Vermoor
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.