Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Blouapie: Uitspraak teen veearts eers dán gelewer

Uitspraak in die saak van dieremishandeling teen dr. Elfreda Alberts is Woensdag in die landdroshof in Nigel aan die Oos-Rand na aanstaande maand uitgestel.

“ ’n Veearts is veronderstel om ingevolge die Dierebeskermingswet ten alle tye in die beste belang van diere op te tree. Dit blyk nie hier die geval te wees nie,” beweer Jaco Pieterse, wat in 2012 as ’n inspekteur by die Dierebeskermingsvereniging (DBV) gewerk het toe ’n erg verminkte blouapie glo in ’n hok in Alberts se slaapkamer in ’n huis in Dunnottar, Nigel, gevind is.

“ ’n Lid van die publiek het ons van die apie vertel en ons het gaan ondersoek instel,” sê Pieterse.

Volgens hom is drie van die apie se ledemate chirurgies verwyder voordat inspekteurs uiteindelik met ’n lasbrief toegang tot Alberts se woonplek kon kry.

“ ’n Aap is afhanklik van al sy ledemate om behoorlik te kan funksioneer. Hy kan nie net met een ledemaat oorleef nie omdat hy nie op goed kan klouter en klim nie. Die erg getraumatiseerde apie is weggeneem en dieselfde dag nog uitgesit. ’n Bloedmonster het getoon daar was nie enige pynmedikasie in die dier se stelsel nie,” sê Pieterse.

’n Aap is afhanklik van al sy ledemate om behoorlik te kan funksioneer. Hy kan nie net met een ledemaat oorleef nie omdat hy nie op goed kan klouter en klim nie. Die erg getraumatiseerde apie is weggeneem en dieselfde dag nog uitgesit.

Benewens die klag van dieremishandeling is Alberts ook daarvan aangekla dat sy nie in besit van ’n permit was vir die aanhou van ’n wilde dier nie.

Die Nasionale Dierebeskermingsvereniging (NDBV) is gefrustreerd met die stadige vordering in die saak.

“Soos mense, moet diere se regte ook gerespekteer word,” sê Meg Wilson, woordvoerder van die NDBV.

“Ons sal met sulke sake volhard om geregtigheid vir diere wat mishandel word, te verseker,” sê sy.

Lynette Havinga, registrateur van die Suid-Afrikaanse Veeartsenykundige Raad (SAVR), sê Alberts, wat tydens die verhoor volgehou het dat sy onskuldig is, werk steeds as ’n geregistreerde veearts.

“ ’n Veearts se lisensie kan nie net op grond van bewerings teruggetrek word nie. Nadat uitspraak deur die hof gelewer is, moet die landdros die besonderhede van die saak aan die SAVR stuur sodat dit ondersoek kan word voordat daar op optrede besluit kan word,” sê Havinga.

Uitspraak in die saak teen Alberts is tot 4 Maart uitgestel. Landdros Kovilan Achary het Woensdag aangedui dat hy nog nie gereed is om uitspraak te lewer nie.

Meer oor:  Nigel  |  Veearts
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.