Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Boeliesaak dalk deur mediasie opgelos, sê landdros

Die moeilikheid van die drie jong mans van Bloemfontein wat na bewering hul skoolmaat geboelie het, kan dalk deur mediasie opgelos word.

Van links is Jarod Grey, Jason Litch en JC Janse van Rensburg buite die Bloemfonteinse landdroshof. Foto: Alzane Narrain
Corné Snyman. Foto: Mlungisi Louw

Jason Litch (19), JC Janse van Rensburg (18) en Jarod Grey (19), almal matriekleerlinge aan die Martie du Plessis-skool in die stad, het vlugtig op aanklagte van crimen injuria in die Bloemfonteinse landdroshof verskyn.

Luidens die klagstaat voor landdros Graehymme Williams het dié drie Corné Snyman (19), ook ’n gr. 12-leerling aan die skool, na bewering op 8 November gevloek deur hom ’n “p**sie” en ’n “draadt*****r” te noem.

Mohamed Seedat, aanklaer, het gevra dat die verhoor tot volgende jaar uitgestel word vir verdere ondersoek en moontlike mediasie.

Landdros Williams het die versoek toegestaan.

Al drie moet in Januarie weer in die hof verskyn.

Adriaan Janse van Rensburg van Phatshoane Henney-prokureurs tree vir die seuns op.

* Snyman het vroeër aan Netwerk24 gesê dit is vir hom sleg om skool toe te gaan. Hy is na bewering vir byna ’n jaar deur dié drie rondgestamp en “lelike name” genoem. Snyman het die middag van 8 November ’n klag by die polisie ingedien nadat hulle hom glo die oggend weer geboelie het.

Die drie het hulself op 13 November by die Parkweg-polisiekantoor in Bloemfontein aan die polisie oorgegee en is daarna op waarskuwing vrygelaat.

Meer oor:  Jc Janse Van Rensburg  |  Bloemfontein  |  Boelie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.