Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Boeliesaak: Pogings om te skik, misluk

Daar het dadels gekom van pogings deur drie vermeende skoolboelies om met hul vermeende slagoffer buite die hof te skik.

Die bemiddeling tussen Jason Litch (19), JC Janse van Rensburg (18) en Jarod Grey (19), almal oudleerlinge van die Martie du Plessis-skool in Bloemfontein, en hul oudskoolmaat Corné Snyman (19), het vir ’n tweede keer misluk.

Van links sit JC Janse van Rensburg, Jarod Grey en Jason Litch Donderdag in die landdroshof in Bloemfontein. Foto: Alzane Narrain

Die vertoë van Arthur Koorts, namens die drie, tot ’n senior aanklaer om vervolging teen hulle te staak, is ook van die hand gewys, het landdros Ingrid Matroos in die stad se landdroshof gehoor.

Die verhoor teen die drie jong mans oor beweerde boeliegedrag sal in Julie begin. Hulle sal waarskynlik dan gevra word om op die aanklagte van crimen injuria teen hulle te pleit.

Litch, Janse van Rensburg en Grey se verskyning in die hof spruit uit die gebeure die oggend van 8 November verlede jaar toe hulle Snyman glo by die skool “lelike name” toegesnou en hom rondgestamp het.

Dié middag het Snyman ’n klag by die Parkweg-polisiekantoor in Bloemfontein gaan indien.

Simon Nkonyane kla aan.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.