Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Boer (21) in hof nadat hy glo ‘mieliedief’ skiet

’n Boer (21) van Viljoenskroon verskyn Maandag op aanklag van poging tot moord in die plaaslike landdroshof nadat hy glo ’n “mieliedief” geskiet het.

Brig. Motantsi Makhele, polisiewoordvoerder in die Vrystaat, sê die 16-jarige seun en sy vriende was Woensdag omstreeks 18:00 in ’n mielieland op ’n plaas buite Viljoenskroon toe ’n groep mans op ’n bakkie na bewering op hulle geskiet het. Die kinders wou glo mielies steel.

Die seun is in sy maag getref. Sy vriende het gevlug.

Makhele sê die slagoffer is deur die groep mans op die bakkie gelaai en na bewering aangerand en verneder.

’n Video van die voorval is luidens inligting gemaak.

Die seun is by ’n T-aansluiting naby die plaas afgelaai waar ’n verbyganger hom opgemerk en gehelp het.

Makhele sê hy is in die plaaslike hospitaal behandel, maar later na ’n hospitaal in Kroonstad oorgeplaas.

Die voorval is Donderdag aangemeld en die boer is in hegtenis geneem.

Meer oor:  Viljoenskroon  |  Poging Tot Moord  |  Hof
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.