Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Boer dagvaar rugbyspeler ná aanranding buite kroeg

’n Boer van Fouriesburg dagvaar ’n belowende jong Vrystaatse rugbyspeler vir ’n voorlopige bedrag van net meer as R340 000 nadat hy verlede jaar na bewering buite ’n kuierplek by Emily Hobhouse-plein in Bloemfontein aangerand is.

Gideon van Wyk, ’n voormalige Suid-Afrikaanse skolerugbyspeler wat verlede jaar in die Cheetahs se Curriebeker-groep as losvoorspeler ingesluit was, het luidens ’n dagvaarding wat in die hooggeregshof uitgereik is, op 26 November vir Winett Alexander Mackenzie (22) van die plaas Botashulp buite die Windpomp-kroeg in Dan Pienaar toegetakel.

Hy het Mackenzie na bewering met die kop in die gesig geslaan en daarna verskeie kere met die vuiste in die gesig.

Dit was glo sonder rede.

Mackenzie het kneusings en snye aan sy linkeroog, kneusings aan sy nek, beserings aan die agterkant van sy kop, beserings aan sy neus wat erg gebloei het en stukkende tande opgedoen.

Hy het baie pyn, trauma en emosionele skok ervaar. Hy is in die hospitaal opgeneem en moes ook dat ’n tandarts sy tande regmaak.

Hy sal ook toekomstige mediese behandeling moet ondergaan en het permanente verlies van lewensgenietinge gely, lui die dagvaarding.

Sy mediese rekening beloop reeds R10 213 en vir toekomstige mediese koste word ’n geraamde R30 000 geëis, wat in die toekoms aangepas kan word sodra die nodige verslae van deskundiges bekom is.

Vir algemene pyn en lyding en ongemak eis hy R300 000.

Niël Joubert van Honey-prokureurs is Mackenzie se prokureur.

• Volgens ’n vroeëre berig het Mackenzie dié aand na Van Wyk geloop om aan hom te sê dat Windpomp besig is om vir die aand toe te maak, toe hy aangerand is. Van Wyk het hom glo geslaan tot hy lê en hom toe verder geslaan. Van Wyk het glo erg gevloek.

Mackenzie se neus is gebreek en hy het ’n noodoperasie in die Universitas-hospitaal ondergaan om die gebarste are en gebreekte neus te probeer herstel en die bloeding te stop. Hy het glo amper aan die bloeding in sy neus verstik.

Meer oor:  Fouriesburg  |  Aanranding  |  Rugbyspeler
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.