Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Boer in hof ná rassistiese opmerkings ná ongeluk
Willem Barnard (60) Vrydag in die landdroshof in Modimolle. Foto: Isabel Venter

’n Boer van Vaalwater word daarvan beskuldig dat hy in die nadraai van ’n motorongeluk mense aangerand, op hulle geskiet en hulle die k-woord toegesnou het.

Die 60-jarige Willem George Barnard het Vrydag in die landdroshof in Modimolle aansoek om borgtog gedoen.

Hoewel Barnard sy swygreg uitgeoefen het, is hy van plan om skuld op die aanklagte teen hom te ontken, het adv. Jacques Minnaar, sy regsverteenwoordiger, gesê.

Die ongeluk was ’n week gelede op ’n grondpad naby sy plaas Boekenhoutskloof in die Alma-distrik in Limpopo.

Barnard en sy vrou het glo in aparte voertuie langs mekaar gery. ’n Aankomende voertuig het in Barnard se vrou se motor vasgery.

Barnard het stilgehou en na bewering die vier mense in die ander voertuig daarvan beskuldig dat hulle sy vrou se dood kon veroorsaak het, het sers. Jan Kgoma, die ondersoekbeampte, getuig.

Barnard het na bewering ook aan die mense in die voertuig gesê dat hy hierdie “k*****s gaan b*****m tot hulle dood is’’.

’n Woordewisseling het glo ontstaan en Barnard het die klaers na bewering aangerand. Hy het na bewering ook sy vuurwapen uitgehaal en vier “waarskuwingskote” geskiet toe van die klaers probeer weghardloop het.

Barnard het na bewering ook aan die mense in die voertuig gesê dat hy hierdie “k*****s gaan b*****m tot hulle dood is’’, het Kgoma getuig.

Barnard is Maandag in hegtenis geneem en is sedertdien in aanhouding.

Hy is aangekla van die rig van ’n vuurwapen en crimen injuria. Intussen is nog aanklagte, onder meer van poging tot moord en strafbare manslag, teen hom bygevoeg.

Tien aanklagte is teen Barnard geformuleer.

Barnard en sy vrou het glo in aparte voertuie langs mekaar gery.

Kgomo het in die aansoek getuig dat borgtog nie aan Barnard toegestaan moet word nie omdat dit die polisie se verhouding met die gemeenskap sal versuur.

“Die polisie maak staat op sowel wit as swart mense in die gemeenskap vir inligting oor misdade. Sou Barnard op borgtog vrygelaat word, sal die swart mense sê die polisie hanteer wit mense anders en hulle sal nie verder met ons saamwerk nie.”

Kgomo het getuig dat Barnard ’n gewelddadige mens is wat nie sonder handskoene aangepak kan word nie.

“Ek weet watter soort mens hy is en het hom daarom eers later, met die hulp van ander kollegas, in hegtenis geneem.”

Hy het getuig dat Barnard al in die verlede sy honde losgelaat het op die polisielede wat hofdokumente op die plaas probeer aflewer het.

“Hy het op die ongelukstoneel, in die teenwoordigheid van die polisie, gesê ‘die oorlog gaan nou begin’ en vir sy kinders gesê om huis toe te ry en nog vuurwapens te gaan haal,” het Kgomo getuig.

Minnaar het gesê Barnard sal nie ’n gevaar vir die publiek inhou indien hy op borgtog vrygelaat sou word nie.

Die aanklaer, adv. William Makwela, het om uitstel gevra. Makwela wil navorsing doen sodat hy kan reageer op sekere regspunte wat Minnaar opgehaal het.

Die borgtogaansoek is tot volgende week uitgestel.

Meer oor:  Vaalwater  |  Rassisme  |  Motorongeluk  |  Aanranding
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.