Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Boer in hof op kinderporno-klag

’n Boer van ’n plaas net buite Swellendam het Donderdag in die plaaslike landdroshof verskyn in verband met die beweerde besit van materiaal wat as kinderpornografie bestempel kan word.

Die 48-jarige man se identiteit mag nie bekend gemaak word voordat hy amptelik op die aanklagte gepleit het nie.

Hy is op 16 Maart op sy plaas in hegtenis geneem.

Die landdroshofgebou in Swellendam. Foto: Google Streetview

Die inhegtenisneming volg op ’n ondersoek deur lede van die provinsiale eenheid teen gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe in Kaapstad en die Amerikaanse polisie, waarna ’n deursoekingslasbrief uitgereik is. Die polisie het inligting ontvang dat die man na bewering ’n Amerikaanse kletskamer besoek waar eksplisiete praatjies oor en pornografiese beeldmateriaal van minderjariges geplaas word.

Sy huis is deursoek en daar is op elektroniese toerusting, insluitende selfone en tablette, beslag gelê. Hy is in hegtenis geneem en op 17 Maart op borgtog van R2 000, onderhewig aan streng voorwaardes, vrygelaat. Hy mag geen kontak met minderjariges hê nie, sy eie kinders uitgesluit. Hy mag ook geen webtuiste of pornografie-webtuistes besoek nie.

Kapt. Malcolm Pojie, Suid-Kaapse polisiewoordvoerder, het gesê die saak is tot 23 Junie vir verdere ondersoek uitgestel en ook om ’n streekhofdatum te bevestig.

Genl.maj. Thembisile Patekile, waarnemende Wes-Kaapse polisiekommissaris, het gewaarsku die polisie sal aanhou om kinderregte te beskerm en om geslagsgeweld te beveg.

Meer oor:  Swellendam  |  Kinderpornografie  |  Hof  |  Boer
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.