Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Boer se trust voorlopig bankrot; skuld bank R171 m.

Die trust van een van die groot boere in die Noord-Vrystaat is in die Vrystaatse hooggeregshof deur Standard Bank vir beweerde skuld van meer as R171 miljoen voorlopig bankrot verklaar.

Die Myburgh-eiendomstrust van Dudley Myburgh van die plaas Bankies in die distrik Edenville en sy twee maatskappye, die Myburgh-groep en Vierfontein-voerkraal, boer op verskeie plase in die distrikte Kroonstad, Edenville, Lindley en Heilbron.

Hulle bedryf ook ’n groot voerkraal.

Op dieselfde dag verlede jaar is Vierfontein-voerkraal se oortrokke geriewe tydelik met R6 miljoen tot R66 miljoen tot 15 Desember verlede jaar verhoog.

Regter Corné van Zyl het die trust tot 19 April gegee om redes te gee waarom hy nie finaal bankrot verklaar moet word nie.

Luidens ’n hofverklaring van Russel Searle van Standard Bank is die oortrokke geriewe van die Myburgh-groep op 9 Oktober verlede jaar tydelik met R38 miljoen tot R78 miljoen verhoog.

Dié geld moes van Februarie vanjaar teen R1,7 miljoen per maand vir 12 maande afbetaal word. Bykomend sou R17,5 miljoen, die opbrengs van 10 000 ton mielies, ook teen 15 April daarop afbetaal word.

Op dieselfde dag verlede jaar is Vierfontein-voerkraal se oortrokke geriewe tydelik met R6 miljoen tot R66 miljoen tot 15 Desember verlede jaar verhoog.

Searle sê enkele dae daarna het Myburgh, die trust en die twee maatskapye ’n gesamentlike (omnibus) waarborg vir al hul skuld aan die bank tot ’n maksimum van R195 miljoen geteken.

Verlede Maandag het die bank dié lenings opgeroep. Die trust skuld steeds R31 968 583 op dié lenings.

In Februarie en Maart is die maandelikse paaiemente van R1 750 000 nie betaal nie. Die bank het Myburgh se aansoek om uitstel tot 30 Augustus geweier.

Die Myburgh-groep en Vierfontein-voerkraal is ook pas in vrywillige sakeredding geplaas. Dié twee maatskappye skuld die bank altesaam R138 766 606.

Searle sê die bank het ook intussen vasgestel dat Senwes nie 22 800 ton mielies van die Myburgh-groep in sy silo’s het nie, soos Myburgh beweer het nie. Daar is net 468 ton.

Searle sê in 2015 het die Myburgh-eiendomstrust drie lenings van altesaam R45,2 miljoen by die bank aangegaan.

Verlede Maandag het die bank dié lenings opgeroep. Die trust skuld steeds R31 968 583 op dié lenings.

Hy sê op die plase is daar relatief min beeste, vergeleke met die geldstate in Februarie verlede jaar toe daar meer as 21 000 was.

Nicolaas Jacobus Kriek is die ander trustee van die trust.

Meer oor:  Standard Bank  |  Trust  |  Skuld  |  Boer
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.