Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Boer se trust weens skuld van R16 m. voorlopig bankrot

Die trust van ’n groot boer van Hoopstad is in die Vrystaatse hooggeregshof deur FNB vir skuld van sowat R16 miljoen voorlopig bankrot verklaar.

Die sakeryk van Sarel van der Walt van die plaas Helpmekaar skuld dié bank meer as R100 miljoen, blyk uit hofstukke.

Hy boer op sowat 2 400 hektaar grond op verskeie plase in die distrikte Hoopstad en Wesselsbron. Hy het twee trusts, die SRE- en Saamwerk-trust, asook ’n maatskappy, die Karis Boerdery.

Die bates van die trust is ’n eiendom van R2,5 miljoen in Potchefstroom en ’n plaas van R15 miljoen in Hoopstad.

Luidens die hofstukke het Van der Walt boonop ná twee misoeste in 2015 en 2016 ook in 2017 ’n produksielening van ’n verdere R59,2 miljoen by ’n ander instansie aangegaan.

Hy skuld die bank R92 miljoen en is laat verlede jaar finaal bankrot verklaar. Die aansoek om verlof om teen dié bevinding te appelleer, het vroeër vandeesmaand misluk.

Sy SRE-trust skuld die bank R16 miljoen van ’n lening wat in 2014 aangegaan is. Van der Walt het borg vir tot R75 miljoen namens die trust vir van sy skuld geteken.

In 2017 het die trust vee en produkte vir R2,9 miljoen verkoop, maar steeds in dié boekjaar ’n verlies van R1 miljoen getoon.

Die bates van die trust is ’n eiendom van R2,5 miljoen in Potchefstroom en ’n plaas van R15 miljoen in Hoopstad.

Regter Johann Daffue het in sy uitspraak gesê die trustees wat vir Van der Walt se SRE-trust aangestel word, sal die trust se sake moet ondersoek.

“Daar is verskeie sake wat nie verduidelik word nie en ook aanduidings van verdagte gedrag (om dit sagkens te stel).”

Die verhouding van Van der Walt met sy trusts en maatskappy moet ondersoek word, spesifiek oor die vloei van geld en eiendom van die een na die ander.

Die keerdatum vir die voorlopige sekwestrasie van die SRE-trust is 14 Maart.

Meer oor:  Fnb  |  Helpmekaar  |  Sarel Van Der Walt  |  Hoopstad  |  Trust  |  Bankrot  |  Boer
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.