Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Boer se vermeende moordenaars Woensdag voor vir borg
verwurg
René (66) en Alwyn van Zyl (79), wat op sy bed verwurg is. Foto: Verskaf

Die drie vermeende moordenaars van ’n bejaarde boer van Mookgophong in Limpopo sal volgende week Woensdag om borgtog aansoek doen.

Tatenda Lebogang Mongwenya (32), Lyod Madumba (28) en Yaganias Saga (30) het Woensdag vir die tweede keer vlugtig in die landdroshof hier verskyn vir die moord op Alwyn van Zyl (79).

Van Zyl is vroeg Vrydagoggend op sy bed verwurg.

Die drie mans is onwettige immigrante van Zimbabwe en sal in aanhouding bly tot hul hofverskyning Woensdag.

Hulle is enkele ure ná die moord op Van Zyl in hegtenis geneem.

Lede van Heritage Protection Group (HPG) het die polisie gehelp in die uitgebreide soektog na die mans.

Kol. Moatshe Ngoepe, polisiewoordvoerder in Limpopo, sê daar is beslag gelê op ’n pistool, ammunisie en drie sportsakke vol klere wat in die mans se besit was.

Van Zyl se vrou, René (66), se hande en voete is met skoenveters vasgebind. Sy kon haarself later loswikkel en het na plaaswerkers se huise geloop om hulp te ontbied.

’n Roudiens is Woensdag vir Van Zyl op die plaas, Badseloop, buite Mookgophong gehou. Hy het etlike jare gelede ’n deel van die plaas aan die NG Kerk geskenk waar kerkkampe en jeugkampe gehou kan word.

Meer oor:  Alwyn Van Zyl  |  Limpopo  |  Mookgophong  |  Borgtogaansoek  |  Plaasmoord  |  Hof
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.