Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Boer, werker kry borg ná ‘skaapdief’ se dood

’n Sakeman en boer van Upington en sy werknemer wat na bewering ’n vermeende skaapdief se dood veroorsaak het, is Maandag op borgtog vrygelaat.

Hennie Boshoff (51) en sy werknemer, Marius Steenkamp (19), is ’n week gelede op ’n klag van moord in hegtenis geneem nadat hulle na bewering ’n betreder op Boshoff se eiendom betrap en hom aangerand het. Hy is op die toneel aan sy beserings dood.

Luidens ’n verklaring van sers. Omphile Masegela was Boshoff en Steenkamp onder die indruk dat Marius Kock (24) van Boshoff se skape wou steel.

Boshoff het glo die afgelope tyd erg onder veediefstal deurgeloop.

Nog ’n werknemer wat saam met Boshoff en Steenkamp in hegtenis geneem is, is ná ondervraging vrygelaat.

Boshoff en Steenkamp se aansoek om borgtog sou Vrydag aangehoor word, maar is tot Maandag vervroeg.

Volgens die staatsaanklaer, Armando Damarah, was daar geen grond om borgtog teen te staan nie en sou dit sinneloos wees om die beskuldigdes tot hul volgende verskyning aan te hou.

Boshoff is borgtog van R20 000 toegestaan, en Steenkamp van R5 000.

Die saak is vir verdere ondersoek tot 17 Junie uitgestel.

Jaco Kruger het vir albei die beskuldigdes opgetree. Armando Damarah kla aan.

Meer oor:  Boer  |  Sakeman  |  Borg
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.