Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Boere betoog vreedsaam in Bronkhorstspruit

Nelson Ngwambi (28) het Vrydag vlugtig in die landdroshof in Bronkhorstspruit verskyn in verband met die wrede aanval op ’n egpaar van die streek.

Hy het kalm voorgekom en om regshulp aansoek gedoen. Hierna is sy saak uitgestel tot volgende week vir ’n formele borgtogaansoek.

Die polisielede wat vroegoggend reeds by die hof in Bronkhorstspruit ontplooi is. Foto: Isabel Venter

Die staat het aangedui hy sal sy aansoek teenstaan onder meer nadat die polisie bevind het hy is onwettig in die land. Ngwambi het ook vorige veroordelings, het die staat aangevoer.

Buite die hof was daar ’n skare boere wat vreedsaam betoog het en geëis het dat borgtog nie toegestaan word nie.

Boere en lede van die gemeenskap bid buite die hof in Bronkhorstspruit. Foto: Isabel Venter

Polisielede het ’n wakende oog binne en buite die hof gehou en daar was vroegoggend reeds ’n groot polisieteenwoordigheid.

Waldi van Zyl (64) en sy vrou, Cynthia (53), is op Sondag 27 September op hul plaas in die Spitskop-distrik gemartel.

Waldi van Zyl (64) en sy vrou, Cynthia (53), is op Sondag 27 September op hul plaas in die Spitskop-distrik gemartel. Foto: Verskaf

’n Informele oproep is deur die week op sosiale media uitgestuur dat mense aan die vreedsame optog buite die hof moet deelneem. 

Die polisie in Bronkhorstspruit het Ngwambi verlede week aangekeer.

Volgens konst. Munyadziwa Ramovha, plaaslike polisiewoordvoerder, was die 28-jarige verdagte glo in besit van Waldi se selfoon.

Ramovha sê die polisie soek nog na vyf verdagtes in die saak.

Die vyf verdagtes wat nog voortvlugtig is. Foto: SAPD

Waldi en Cynthia is wreed met onder meer ’n hoekslyper en moersleutel aangerand en is ook met pype geslaan.

Cynthia is intussen al ontslaan en sterk aan by familie in Pretoria. Waldi se toestand word nog as ernstig beskou, hy het sedert die aanval al verskeie operasies in ’n Johannesburgse hospitaal ondergaan.

’n Groep betogers buite die hof voor die hofverskyning. Foto: Isabel Venter

Meer oor:  Waldi Van Zyl  |  Bronkhorstspruit  |  Vermoor  |  Moord  |  Polisie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.