Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Plaasaanval: Boere by hof waar beskuldigdes verskyn

’n Paar boere van die Kirkwood-distrik in die Oos-Kaap, het Vrydagoggend saamgetrek by die plaaslike landdroshof, waar drie beskuldigdes in verband met ’n plaasaanval vroeër die week verskyn het.

Die drie beskuldigdes is vasgetrek op die R75 naby Kariega (Uitenhage), sowat ’n uur nadat Johannes de Lange, ’n boer van die distrik, vroeg Woensdagoggend deur minstens vyf mans in sy huis op die plaas oorval is.

Netwerk24 het vroeër berig een van die aanvallers is tydens die voorval noodlottig gewond. De Lange het ernstige beserings opgedoen weens messteke aan sy bolyf en is sedertdien in ’n hospitaal. Na verneem word, sal hy moontlik nog die naweek in die hospitaal deurbring.

Intussen het drie beskuldigdes Vrydagoggend in die landdroshof verskyn op aanklagte van onder meer huisbraak en poging tot moord.

Die saak is tot volgende Vrydag uitgestel dat die beskuldigdes regshulp kan kry en moontlik met ’n borgtogaansoek begin. Tot dan is hulle by die St. Albans-gevangenis, aan die buitewyke van Gqeberha (Port Elizabeth), in aanhouding.

Hennie Ehlers, De Lange se buurman en een van die boere wat Vrydag by die hof was, sê die gemeenskap het saamgetrek om die erns van die saak te beklemtoon. Hy sê die vreedsame optrede was ook ’n poging om aan die staatsaanklaer te wys dat hulle gekant is teen borgtog vir die beskuldigdes.

’n Soortgelyke saamtrek word beplan vir volgende Vrydag, wanneer die beskuldigdes hul tweede hofverskyning maak.

Die polisie se soektog na ander moontlike betrokkenes duur voort.

Meer oor:  Boere  |  Beskuldigdes  |  Plaasaanval
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.