Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Boere-egpaar se lyke met komberse bedek, hoor hof

Hoewel die bejaarde egpaar regop gesit het en met komberse toegegooi was, kon hy sien “hulle is nie meer met ons nie”.

Só het Johan Wilken (34), ’n boer van Vanstadensrus, in die verhoor van Tsediso (Pina) Matankaba (27) in die Vrystaatse hooggeregshof getuig.

Matankaba word daarvan aangekla dat hy Choppie Bruwer (78) en sy vrou, Marian (68), van die plaas Florida by Vanstadensrus op 25 Junie verlede jaar in hul plaashuis aangeval, beroof en doodgeskiet het.

Tsediso “Pina” Matankaba Maandag in die beskuldigdebank van die Vrystaatse hooggeregshof. Foto: ALZANE NARRAIN

Hy het Maandag op aanklagte van moord, huisbraak en die onwettige besit van vuurwapens en ammunisie voor waarnemende regter Marina Voges verskyn.

Sy medebeskuldigde, Molelekoa Jacob Mothibedi (22), het in April vanjaar op dié moordaanklag skuld beken en is tot 64 jaar tronkstraf gevonnis

Met Wilken se aankoms die volgende oggend op die plaas om lusernmonsters te neem, het hy polisiebeamptes op die plaas gesien, het hy getuig.

“Toe hulle in my rigting stap, het ek ’n gevoel gekry iets is fout.”

Hy het saam met die polisie om die huis gestap. Al die deure was gesluit.

Die hoofslaapkamer se kantgordyn was effens oop.

“Ek het ingeloer. Dit was donker en deurmekaar. En toe sien ek tannie Marian.”

Hy sê sy was in ’n stoel geplaas, haar hande was vasgebind en sy was met komberse toegegooi.

“Toe ons by die huis instap, het ek hoendervleis gekry.”

Wessels het die deur oopgeskop. Met die oopskopslag het hy by die kamer ingeval, en toe hy opkyk, was Choppie se bedekte lyk reg voor hom.

Die hoofslaapkamerdeur moes oopgeskop word, en daar het hy gesien dat Choppie naby sy vrou op ’n stoel was. Nes sy was hy vasgebind en met komberse toegegooi. ’n Kussing met ’n koeëlgat in het op die bed gelê.

“Ek kon nie hul gesigte sien nie, maar ek het geweet hulle is nie meer met ons nie.”

Johan Wessels, die gebied se veiligheidskoördineerder, het Maandag getuig hy het voor die egpaar grootgeword.

Drie dae voor die voorval het hy en Choppie oor veiligheid gepraat en watter maatreëls ingestel kon word.

Die dag van die moord was die kombuisvenster oopgebreek.

Toe hulle by die huis instap, het ’n hondjie onder ’n stoel in die sitkamer weggekruip.

Die veiligheidshek van die slaapkamer was met ’n hoeksnyer oopgesny, maar die houtdeur was gesluit.

Wessels het die deur oopgeskop. Met die oopskopslag het hy by die kamer ingeval, en toe hy opkyk, was Choppie se bedekte lyk reg voor hom.

Matankaba het Maandag ontken hy was by die plaasaanval betrokke.

Die verhoor duur voort.

Adv. Moipone Moroka kla aan en word bygestaan deur adv. Soul Khetsi.

Adv. Agente Motake tree vir Matankaba op.

Meer oor:  Choppie Bruwer  |  Marian Bruwer
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.