Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Boeremag: 2 Broers wil appelleer teen vonnis

Twee van die drie Pretorius-broers wat einde Oktober 2013 in die Boeremag-verhoor gevonnis is, gaan Maandag aansoek doen om te mag appelleer teen hul skuldigbevinding en vonnis.

Dr. Johan Pretorius en Wilhelm Pretorius is die aansoekers. Hulle is van die Kgosi Mampuru II-tronk in Pretoria na die stad se hooggeregshof gebring vir hul aansoek. Hulle het glo nie regsverteenwoordigers nie en tree namens hulself op.

Hul pa, dr. Lets Pretorius, en hul ander broer, Kobus Pretorius, is ook in die tronk.

Lets Pretorius se vrou, Minnie, woon die hofverrigtinge by.

Regter Eben Jordaan, in wie se hof die Boeremag-verhoor tien jaar geduur het, gaan die aansoek aanhoor.

Jordaan het amper drie jaar gelede 19 van die 20 beskuldigdes gevonnis.

Fritz Naudé, die enigste beskuldigde wat weens sy siektetoestand nie gevonnis is nie, is op 1 Januarie 2014 in ’n afreeoord in Bethlehem dood. Dit was kort ná sy 66ste verjaardag.

Die 20 beskuldigdes is aan hoogverraad skuldig bevind omdat hulle ’n staatsgreep beplan het. Hulle wou die ANC-regering in die vroeë jare 2000 omverwerp.

Hulle is destyds só gevonnis:

  • Tom Vorster: 35 jaar tronkstraf (25 effektief)
  • Herman van Rooyen: 48 jaar (25 effektief)
  • Johan Pretorius: 48 jaar (25 effektief)
  • Wilhelm Pretorius: 48 jaar (25 effektief)
  • Rudi Gouws: 48 jaar (25 effektief)
  • Kobus Pretorius: 48 jaar (20 effektief)
  • Mike du Toit: 30 jaar (20 effektief)
  • Dirk Hanekom: 30 jaar (20 effektief)
  • Dr. Lets Pretorus: 30 jaar (20 effektief)
  • André du Toit: 20 jaar (10 effektief)
  • Dion van den Heever: 20 jaar (10 effektief)
  • Rooikoos du Plessis: 15 jaar (5 effektief)
  • Jurie Vermeulen: 15 jaar (5 effektief)
  • Vis Visagie: 5 jaar kragtens art. 276(1)(i) van die Strafproseswet. Dit beteken ’n sesde van die tronkstraf moet uitgedien word voordat ’n gevangene onder korrektiewe toesig buite die tronk geplaas word
  • Jordaan het destyds opgeskorte tronkstraf opgelê aan Adriaan van Wyk, Giel Burger, Jacques Olivier, Pieter van Deventer en Jacques Jordaan.

Meer oor:  Boeremag  |  Vonnis
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.