Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Bonnievale: Saak teen man uitgestel, 3 nog soek

Die saak teen een van die vermeende moordenaars van Tool Wessels (55) is Donderdag in die rondgaande landdroshof in Barrydale in die Wes-Kaap tot 23 Mei uitgestel.

Ntabanyane Tladi (19) het slegs op ’n voorlopige aanklag van moord verskyn.

Ntabanyane Tladi. Foto: Facebook

Nog aanklagte sal met sy volgende verskyning bygevoeg word.

Wes-Kaapse speurders het hom Dinsdag in hegtenis geneem. Tladi, ’n Lesotho-burger, word daarvan aangekla dat hy en nog drie ander mans Maandagaand vir Tool en sy vrou, Liezel, by hul huis op die plaas Kapteinsdrif buite Bonnievale oorval, gemartel en daarna vir Tool vermoor het.

Tool se lyk is Maandag kort ná 23:00 deur een van sy werkers en ’n lid van die plaaswag gevind in ’n verlate pompstasie tussen die wingerde op sy plaas.

Die pompstasie is sowat 2 km van die plaashuis af.

Die polisie is intussen nog op soek na drie ander mans, ook Lesotho-burgers, wat by die voorval betrek word.

Die mans het almal glo op die plaas gewerk.

Liezel is nog in die Mediclinic Worcester.

Meer oor:  Tool Wessels  |  Ntabanyane Tladi  |  Bonnievale  |  Plaasmoord  |  Hof  |  Uitstel
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.