Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Booysen kwaad, laat NVG, polisie ‘nie wegkom’

Die voormalige hoof van die Valke in KwaZulu-Natal, genl.maj. Johan Booysen, het reeds met siviele regstappe teen die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), die polisie en Opod begin.

Genl.maj. Johan Booysen en polisielede wat aan die georganiseerde misdaadeenheid aan die Cato Manor-polisiekantoor verbonde was, Woensdag op die trappe van die hooggeregshof in Durban kort nadat aanklagte van rampokkery teen hulle in die hof teruggetrek is. Foto: Maureen Rambhadursing/Facebook

Booysen het Woensdag gesê hy is dankbaar en verlig dat die beproewing verby is waaraan hy en polisielede wat voorheen verbonde was aan die georganiseerde misdaadeenheid by Cato Manor, KwaZulu-Natal, onderworpe was.

Die aanklagte van rampokkery teen Booysen-hulle is Woensdag amptelik in die hooggeregshof in Durban teruggetrek.

Booysen het gesê die ander lede sal nou moet besluit wat hulle gaan doen.

“As daar enige emosie is wat ek kan beskryf, dan is dit om te sê dat ek kwaad is. Ek is kwaad vir die kabaal in die nasionale vervolgingsgesag wat hul magte misbruik het en vir sewe jaar onskuldige mense vervolg en verguis het. Ek is kwaad vir hulle.”

Hy het gesê dat die destydse hoof van Opod die polisie bygestaan het om hulle te vervolg.

Adv. Shamila Batohi, die nuwe hoof van die NVG, het verlede Dinsdag aangekondig dat die aanklagte van rampokkery teen hulle teruggetrek word.

In ’n verklaring het die NVG gesê ’n paneel bestaande uit die Wes-Kaapse hoof van die NVG, adv. Rodney de Kock, adv. Ivy Thenga, adv. Shareen Riley en adv. Elijah Mamabolo, het almal saamgestem dat, as daar na die magtigings gekyk word, dit duidelik is dat ’n saak nie uit daardie dokumente saamgestel kon word nie.

’n Verligte genl.maj. Johan Booysen kort nadat rampokkery-aanklagte teen hom en polisielede wat aan die georganiseerde misdaadeenheid by die Cato Manor-polisiekantoor verbonde was, teruggetrek is. Foto: Maureen Rambhadursing/Facebook

Die magtigings is deur die voormalige NVG-hoof, advv. Shaun Abrahams, en een van sy adjunkte, Nomgcobo Jiba, geteken.

Ander klagte, wat insluit moord, huisbraak en regsverydeling, gaan nou na adv. Elaine Zungu, waarnemende NVG-hoof in KwaZulu-Natal, verwys word om te besluit of diegene wat daarby betrek word, vervolg moet word of nie.

Booysen het gesê dit was vir hom ’n riem onder die hart toe ’n man wat al die hofverrigtinge bygewoon het, opgestaan en geskree het dat geregtigheid geskied het en hande geklap het nadat die aanklagte teruggetrek is.

“Die hele hof het toe opgestaan en hande begin klap. En hierdie man, het ek gehoor, is ’n MK-kader.”

Meer oor:  Nvg  |  Johan Booysen  |  Adv. Shamila Batohi
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.