Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Borgtog vir man wat glo wiskundevraestel uitlek

’n Man (31) wat vermoedelik betrokke was by die diefstal van die tweede wiskundevraestel wat uitgelek het, is Maandag in die landdroshof in Johannesburg op borgtog van R1 000 vrygelaat.

Themba Daniel Shikwambana verskyn weer op 27 Januarie in die hof. Hy werk vir ’n maatskappy in Johannesburg wat deur die onderwysdepartement gekontrakteer is om die vraestelle vir vanjaar se matriekeindeksamen te druk.

Kol. Katlego Mogale, woordvoerder van die Valke, sê Shikwambana is Woensdag in hegtenis geneem. Hy het Donderdag vir die eerste keer in die hof verskyn, waarna hy in aanhouding was tot Maandag se borgtogaansoek.

Die tweede wiskundevraestel is op 16 November geskryf, maar is voor die aanvang van die eksamensessie na leerlinge in minstens agt provinsies versprei.

Die tweede fisiesewetenskappe-vraestel is ’n week later ook uitgelek. Mogale sê die ondersoek na die uitlek van ander vraestelle duur voort. Sy het bygevoeg nog inhegtenisnemings word binnekort verwag.

Angie Motshekga, minister van basiese onderwys, het op 18 November op ’n mediakonferensie die moontlikheid genoem dat die wiskundevraestel by die drukkers kon uitlek.

Elijah Mhlanga, woordvoerder van die onderwysdepartement, wou nie Dinsdag kommentaar lewer nie en het alle navrae na die polisie verwys.

Motshekga sal later die week ’n aankondiging oor die voorvalle doen.

Die departement het Dinsdag in ’n verklaring gesê die ondersoek na die voorvalle is nog nie afgehandel nie, en die raad van onderwysministers het Dinsdagoggend vergader om die voorlopige verslag oor die ondersoek te ontvang. Daar is ooreengekom dat meer ondersoekwerk nodig is.

Meer oor:  Wiskundevraestel  |  Uitlek  |  Matriek2020
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.