Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Borgtog vir taxibestuurder wat 3 meisies glo doodry

Die Durbanse taxibestuurder wat drie skoolmeisies verlede week na bewering doodgery het, is Woensdag in die Ntuzuma-landdroshof op borgtog van R3 000 vrygelaat.

Ayanda Mtshali (14)
Tina Ngiba (14)
Luyanda Ngubane (13)

Sboniso Zwane (33) staan tereg op drie aanklagte van strafbare manslag en ’n aanklag van roekelose en nalatige bestuur nadat hy na bewering verlede Woensdagoggend vier leerlinge van die Newlands East Secondary School omgery het.

Hy het dié meisies na bewering in Newlands East in KwaZulu-Natal doodgery nadat hy glo 'n rooi verkeerslig verontagsaam het.

Ayanda Mtshali (14), Tina Ngiba (14) en Luyanda Ngubane (13) is op slag dood. ’n Vierde leerling het oorleef en verkeer tans in ’n kritieke toestand.

Die vier meisies was kort ná 07:00 op pad skool toe toe die voorval in Dumisani Makhaye-weg gebeur het. Die taxi het die meisies ’n ent gesleep nadat hulle raakgery is.

Meer oor:  Durban  |  Kwazulu Natal  |  Sterftes  |  Ongeluk  |  Taxi  |  Dood
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.