Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Borgtog vir moordverdagte sal woede ontlok, hoor hof

Die gemeenskap is keelvol daarvoor dat kwesbare bejaardes in hul huise oorval en wreedaardig vermoor word.

So het Johan de Vries, namens die staat, in die Bloemfonteinse landdroshof betoog oor die moord op 3 Februarie vanjaar op Hannatjie Coetzee (69) in haar huis in Arboretum, Bloemfontein.

Van links sit Tebogo Donald Lecheko, Lusindigo Hardy en Tebogo Elisha Cwele in die beskuldigdebank van die Bloemfonteinse landdroshof. Foto: MLUNGISI LOUW

“Die vrylating op borgtog van Lusindigo Hardy (25) sal skok en woede in die gemeenskap veroorsaak,” het hy voor landdros Ryan Ishmail betoog.

Hardy het saam met sy vermeende makkers, Tebogo Elisha Cwele (28) en Tebogo Donald Lecheko (34), op aanklagte van moord en huisbraak in die Bloemfonteinse landdroshof verskyn.

Die ander twee beskuldigdes het met hul vorige verskyning hul borgtogaansoeke laat vaar.

De Vries sê die koelbloedigheid waarmee Coetzee net vir haar Toyota-bakkie en ’n paar nuttelose artikels vermoor is, is skokkend.

Die waarde van haar lewe is letterlik gelykstaande aan die waarde van haar gesteelde besittings, omdat die drie mans haar besittings ure ná die voorval probeer verkoop het.

De Vries sê hy beskou Hardy as ’n vlugrisiko omdat hy telkens oor sy adres en werksplek gelieg het.

“Enige moordenaar sal vlug as hy weet hy gaan lewenslank in die tronk sit.”

Joseph Kgoelenya het namens Hardy betoog dat net omdat hy op die toneel was en ure later in Coetzee se bakkie op pad na Hobhouse in hegtenis geneem is, beteken nie hy was by die voorval betrokke nie.

Hy het net sy buurman, Cwele, gehelp om die bakkie aan die gang te kry.

Cwele het aan hom gesê dit is sy kollega se huis en bakkie en Hardy het nie van die moord geweet nie.

Landdros Ishmail sal volgende week uitspraak in die borgtogaansoek lewer.

Meer oor:  Bloemfontein  |  Borgtog  |  Hof  |  Moordverhoor
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.