Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Boshof-egpaar glo met hul eie vuurwapens vermoor
Lecpile Daniël Sidas
Daniël Tsekiso Seloane

Die twee vuurwapens wat glo onder ’n bed gevind is van een van die vermeende moordenaars van die Van der Berg-egpaar van Boshof, het aan die egpaar behoort, het die hof gehoor.

Sakkie (67) en Ina van der Berg is verlede Vrydag in hul huis vermoor.

Johannes Sekgoro, Lecpile Daniël Sidas, Daniël Tsekiso Seloane en Thami Terrence Kat het Donderdagoggend op aanklag van die moord in die landdroshof in Boshof verskyn.

Die beskuldigdes, wat in onder meer Bloemfontein, Boshof en Hertzogville vasgetrek is, was na bewering ook by verskeie ander misdade, waaronder veediefstal, betrokke. Een het na bewering voorheen gesteelde skape in ’n ambulans vervoer.

Dié mans staan op aanklagte van moord, gewapende roof, die besit van ongelisensieerde vuurwapens en ammunisie tereg.

’n Vyfde verdagte wat vroeër saam met die mans aangekeer is, is weens onvoldoende getuienis vrygelaat.

Dit blyk dat ses mans Van der Berg Vrydagmiddag by die plaashek ingewag en oorrompel het nadat hy ’n werker huis toe geneem het. Sy aanvallers het hom na sy huis gedwing, waar hy en sy vrou aangerand, beroof en vermoor is.

’n Buurman het Saterdagoggend op die moordtoneel afgekom.

Sekgoro, Sidas, Seloane en Kat het in hul eerste hofverskyning verskeie aanmerkings teenoor die ondersoekspan en staatsaanklaer gemaak. Een het onder meer geskree: “Ek soek jou nie as staatsaanklaer nie.”

Thami Terrence Kat

Adv. Lieb Loots, staatsaanklaer, meen die staat het ’n sterk saak teen die beskuldigdes.

“Daar is sterk bewyse (teen die beskuldigdes) op papier. Intussen gaan die ondersoek voort, soos die DNS-toetse wat gedoen word.”

Ná hul hofverskyning is DNS-monsters van drie van die beskuldiges geneem. Die DNS van die vierde beskuldigde kon eers in Kimberley, waar hulle aangehou word, geneem word.

Loots sê hierdie tipe sake kan tot vier maande duur, maar hy dink dat hierdie verhoor korter sal wees omdat dit ’n hoëprofielmisdaad is.

“Dit is ’n plaasaanval en twee mense is dood.”

Landdros Mothusi Khumalo het die verhoor tot 25 Julie vir ’n borgtogaansoek uitgestel.

Die beskuldigdes word deur Engracia Francisco van die regshulpraad verteenwoordig.

Johannes Sekgoro

Meer oor:  Boshof-Moorde
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.