Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Boshof-egpaar se vermeende moordenaars verhoor

Die wrede aanval op Sakkie (67) en Ina van der Berg (62) op die plaas Blouboswes in die Boshof-distrik sal van Dinsdag af in die hooggeregshof in Bloemfontein voor die geestesoog afspeel wanneer vier beskuldigdes voor regter Celéste Reinders van hul moorde aangekla word.

Die eerste mense wat die dag ná die moord by huis opgedaag het, het al in die pad en teen die huis se mure bloedmerke gesien, lui die staat se saak.

In die kombuis het hulle op Ina se bebloede lyk op die vloer afgekom. Die agterdeur was oop.

Die polisie is ontbied en hulle het op Sakkie se vasgebinde lyk by die deur van een van die slaapkamers afgekom. Sy hande was, soos dié van sy vrou, agter sy rug vasgebind.

Sakkie en Ina van der Berg.

Luidens lykskouingsverslae is hy aan veelvuldige beserings dood en Ina is in die kop geskiet.

Luidens die klagstaat is hulle op 12 Julie verlede jaar oorval, beroof en vermoor.

Hul bakkie is later verlate langs die Caledonrivier gevind, en vingerafdrukke is gekry.

Johannes Sekgoro (41), Leepile Daniel Sidasi (44) en Daniel Tsekiso Seloane (26) en Thami Terence Kat (35) is daarna in hegtenis geneem.

Van die oorledenes se besittings is in die besit van Sekgoro, Seloane (albei van Boshof) en Kat (van Bloemfontein) gevind, sê die staat.

Hulle en Sidasi (van Hertzogville) word van die moorde en roof aangekla. Kat en Seloane word ook van die onwettige besit van vuurwapens en ammunisie aangekla.

Ina en Sakkie van der Berg wat op ’n plaas tussen Boshof en Dealesville vermoor is.
Die vermeende moordenaars van die Van der Berg-egpaar. Van links is Leepile Daniel Sidasi, Daniel Tsekiso Seloane, Thami Terence Kat en Johannes Sekgoro. Foto: Mike van Rooyen

Hulle sal waarskynlik Dinsdag gevra word om op dié aanklagte te pleit.

Minstens een van hulle het ’n verklaring aan die polisie gemaak. Sekgoro word ook met sy vingerafdrukke op die moordtoneel verbind. ’n Vuurwapen wat in Kat se ouerhuis gevind is, word ook met die moorde verbind, sê die staat.

Die Van der Berg-egpaar het net op die plaas gewoon en by die maatskappy 3L Development in Kimberley gewerk. Sakkie, ’n opgeleide psigometris, was ’n deskundige op die gebied van mensehulpbronne en die ontwikkeling van mense.

Hy en Ina het hulle op opheffingswerk en die ontwikkeling van die gemeenskap op plase en in die townships toegespits, sê vriende van die egpaar.

Adv. Allen Simpson kla aan. Venecia Abrahams van Regshulp SA tree vir Kat op en Peter van der Merwe, ook van Regshulp SA, tree vir die ander drie op.

Meer oor:  Boshof  |  Moordverhoor  |  Plaasaanval
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.