Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Boshof-verdagtes vra nie meer borgtog
Boere en inwoners van Boshof het al van vroeg by die hof saamgekom om moontlike borgtog aan die vermeende moordenaars van die Van der Berg-egpaar teen te staan. Foto: Gerda-Marie van Rooyen

Die vermeende moordenaars van ’n geliefde egpaar van Boshof het Donderdag onverwags hul aansoek om borgtog in die plaaslike landdroshof laat vaar.

Lolo Johannes Sekgoro, Daniël Sidas Lephele, Daniël Tsekiso Selwane en Terrence Kat Thami het net voordat hulle in ’n volgepakte hofsaal om borgtog sou aansoek doen, hul aansoek laat vaar.

Hulle staan daarop tereg dat hulle Ina en Sakkie van der Berg op hul plaas in die Boshof-distrik vermoor het.

Hulle word onder meer van moord, poging tot moord, ontvoering, betreding en gewapende roof aangekla. Selwane en Thami was tydens die aanval op parool vir ’n onverwante misdaad.

Hul verhoor is uitgestel tot 30 September vir verdere ondersoek.

Meer oor:  Boshof-Moorde  |  Hof  |  Sakkie Van Den Berg  |  Plaasaanval
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.