Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Branderplankryer-moord: Man vra nie borgtog

Die man wat van die moord op ’n branderplankryer van Kaapstad aangekla word, het besluit om nie om borgtog aansoek te doen nie.

Stoffel Wilschutt (30) van Ocean View in Kaapstad het Dinsdag in die landdroshof in Simonstad op onder meer ’n aanklag van moord op David Wolfromm (38) verskyn.

David Wolfromm (38) voor met die kitaar. Foto: Facebook

Wolfromm, ’n volhoubare-energie-ingenieur, is sowat twee weke gelede gekaap kort nadat hy by die Witsandstrand by Kommetjie gaan branderplankry het.

Sy lyk is op 8 Mei in Slangkopstraat, Ocean View, in die

kattebak van sy brandende Nissan X-Trail gekry.

Eric Ntabazalila, woordvoerder van die direkteur van openbare vervolging (DOV), sê Wilschutt het Dinsdag besluit om nie ’n aansoek om borgtog by die hof in te dien nie. Hy staan tereg op aanklagte van kaping, roof met verswarende omstandighede, moord en die besit van ’n ongelisensieerde vuurwapen en ammunisie. Hy is die naweek ná die moord in hegtenis geneem.

Lt.kol Andrè Traut, polisiewoordvoerder, het bevestig dat die polisie nog na ’n tweede verdagte soek.

Volgens Ntabazalila het die hof beslis dat geen foto’s van Wilschutt gepubliseer mag word voordat die ondersoek na die saak nie afgehandel is nie.

Die polisie het op ’n ongelisensieerde vuurwapen en ammunisie beslag gelê, asook op motorsleutels, vermoedelik dié van Wolfromm se gekaapte

voertuig.

Dié saak is tot 27 Junie vir verdere ondersoek uitgestel. Wilschutt bly in aanhouding.

* Hy sal Donderdag weer saam met ’n medebeskuldigde, Mark Williams, in dieselfde hof op aanklagte van roof met verswarende omstandighede in verband met ’n onverwante saak verskyn.

Meer oor:  David Wolfromm  |  Kaapstad  |  Simonstad  |  Branderplankryer  |  Moordverhoor
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.