Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
KYK: Breytenbach-sekssaak: Aanklagte nog nie gefinaliseer

Die saak teen Willem Breytenbach, sakeman, oudonderwyser en voormalige Media24-bestuurder, is Donderdag in die streekhof tot 29 September uitgestel.

JC de Jager, sy regsverteenwoordiger, het aan die hof genoem dat die klagstaat nog nie gefinaliseer is nie en dat hulle ook wag op verdere besonderhede van die staat oor die aanklagte teen Breytenbach (56).

Dit was Donderdag die eerste keer sedert die staat van inperking in Maart aangekondig is dat Breytenbach self in die hof verskyn het.

Hy staan tans op ses aanklagte van onsedelike aanranding en een van seksuele aanranding tereg.

Willem Breytenbach buite die hof in Kaapstad. Foto: Jaco Marais

De Jager het buite die hof gesê dit is vroegtydig om te praat oor pleitooreenkomste.

“Ons wag nog op die nadere besonderhede oor die saak,” het hy gesê.

Die staat het genoem dat die klagstaat met die volgende hofverskyning gefinaliseer sal wees.

Breytenbach se borgtogvoorwaardes is verleng.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.