Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Bruidegom voor oor ‘buffeldiefstal’

’n Bruidegom wat die bestuurder van die Buffalo Ridge-plaas in Wellington was, is ’n dag voor sy troue verlede naweek op aanklag van veediefstal gearresteer.

Kobus Lambrechts Foto: Facebook

Kobus Lambrechts (33) se prokureur het dringend ’n nauurse borgaansoek gedoen en hy is verlede Vrydagaand op borgtog van R1 000 vrygelaat, net betyds vir sy troue met sy onderwyseres-verloofde verlede Saterdag.

Woensdag was Lambrechts terug in die landdroshof in Wellington, het sers. Noloyiso Rwexana, woordvoerder, bevestig.

Buffalo Ridge is die eerste plaas in Suid-Afrika waar daar met buffels geteel word om buffelmelkkaas te maak.

Lambrechts word daarvan beskuldig dat hy sy werkgewer en die plaaseienaar, adv. Wayne Rademeyer, se buffels gesteel en verkoop het. Donderdag, ’n dag ná Lambrechts se hofverskyning, het beamptes van die Wes-Kaapse departement van omgewingsake en ontwikkelingsbeplanning die plaas kom inspekteer nadat hulle ’n klag gekry het dat daar buffelkarkasse in ’n rivier lê en verrot.

Maar Rademeyer ontken dat daar karkasse in die rivier was. Daar was wel karkasse van buffels wat gevrek het in die normale gang van plaaswerk op die plaas. Hy sê hy vermoed die anonieme klag is by die departement aanhangig gemaak deur iemand wat Buffalo Ridge se handelsmerk wil skade berokken.

Lambrechts verskyn op 4 Oktober weer in die hof.

Rudolf van Jaarsveldt, woordvoerder van die departement, sê die kwessie oor die karkasse word ondersoek.

Meer oor:  Wellington  |  Veediefstal  |  Buffels
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.