Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Brullende uitspraak oor aangehoude leeus in hof

Daar is Dinsdag in die hooggeregshof in Pretoria bevind dat die departement van omgewingsake die welsyn van leeus in gevangenisskap verontagsaam het toe kwotas vir die uitvoer van leeubene vasgestel is.

Regter Jody Kollapen het ook gesê hoewel leeus se welstand nie deel van die departement se mandaat is nie, die departement wel leeus en ander diere wat in gevangenskap geteel en aangehou word, se welsyn in ag moet neem.

Die uitspraak is belangrik vir die huidige en toekomstige geslagte om te bepaal hoe die samelewing met die natuurlewe en die omgewing omgaan, het Kollapen gesê.

Hy het ook gesê die kwotas wat vasgestel is vir die uitvoer van leeubeendere in 2017 en 2018 onwettig en ongrondwetlik was en dat die korrekte prosedures nie gevolg is nie.

Kirsten Nematandani, president van SAPA, sê hy wil eers die uitspraak bestudeer voordat hy kommentaar lewer.

Die Nasionale Dierebeskermingsvereniging (NDBV), die Veldtog teen Geblikte Leeus (CACH) en die Inkatha Vryheidsparty (IVP) het Kollapen se uitspraak verwelkom.

Die NDBV het die aansoek teen die minister van omgewingsake en die Suid-Afrikaanse Roofdiertelersvereniging (SAPA) gebring.

Karen Trendler, bestuurder van die NDBV se wildlewe-eenheid, sê die organisasie het die afgelope tyd heelwat strafregtelike klagte teen plase ingedien wat leeus teel, omdat dié plase die diere verwaarloos en soms geen respek vir die welstand van die diere het nie.

Trendler sê die NDBV voel die uitvoerkwota vir leeubeendere het ’n direkte invloed op die welstand van leeus in gevangenskap.

Die NDBV verwelkom die hof se uitspraak omdat dit groot implikasies het vir die welstand vir wilde diere in die natuur sowel as in aanhouding.

Die leeubedryf, die aanhou van leeus vir toerisme waar die diere hanteer kan word, geblikte leeus en die handel in leeubeendere is plaaslik sowel as internasionaal hoogs omstrede.

Die NDBV sê sy rol as beskermer van diere in sowel die natuur en in gevangenskap is met die hofuitspraak erken.

Die Veldtog teen Geblikte Leeus sê in ’n mediaverklaring Dinsdag se uitspraak oor leeuboere en hul lakeie in die departement van omgewingsake, maak opslae en dat die uitspraak die minister se bewaringsdogma verwerp dat die departement nie verantwoordelik is vir die diere se welsyn nie.

Die IVP sê in ’n verklaring die hele leeubedryf is ’n onding en dat die Afrika-leeu ’n ikoniese dier is wat tradisionele krag en mag simboliseer, en nou gereduseer is tot niks meer nie as ’n kommoditeit vir die wins van enkele welgestelde telers.

Kirsten Nematandani, president van SAPA, sê hy wil eers die uitspraak bestudeer voordat hy kommentaar lewer.

Meer oor:  Sapa  |  Kirsten Nematandani  |  Bewaring  |  Omgewing  |  Hof
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.