Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Burgemeester gou in hof op diefstal-klag van R5 m.
Burgemeester Kgotso Khumalo. Foto: Potchefstroom Herald

Potchefstroom se uitvoerende burgemeester en sy vermeende medepligtiges gaan weens beweerde diefstal van R5 miljoen by die munisipaliteit in die hof vir ernstige handelsmisdade in Mahikeng verskyn.

Kapt. Tlangelani Rikhotso, Valke-woordvoerder in Noordwes, het Vrydag gesê Kgotso Khumalo, uitvoerende burgemeester, Cyril Hendry en Mohau Shuping verskyn op 1 Junie die eerste keer in dié hof. Hulle het tot dusver in die streekhof in Potchefstroom verskyn.

Hendry, ’n voormalige hooggeplaaste in die J.B. Marks-munisipaliteit, is nie meer in diens van die munisipaliteit nie.

Willie Maphosa, woordvoerder van die munisipaliteit wat Potchefstroom en Ventersdorp bedien, het bevestig Shuping werk steeds daar en is verantwoordelik vir die hantering van besprekings by die munisipaliteit se ontspanningsgeriewe.

Khumalo het Vrydag gesê hy het nog geen instruksies van die ANC in Noordwes geskry oor of hy moet afstaan as burgemeester óf voor die party se integriteitskommissie moet verskyn nie. Dít nadat die ANC se nasionale uitvoerende komitee onlangs besluit het partylede wat weens ernstige misdrywe in howe aangekla word, moet binne 30 dae opsy staan. Indien hulle dit nie doen nie, sal die party hulle skors.

Kenny Moroleng, ANC-woordvoerder in Noordwes, het Vrydag gesê die 30 dae verstryk volgende week.

“Ons sal eers dan besluit oor die pad vorentoe.”

Moroleng het vroeër gesê die ANC het Khumalo wel opdrag gegee om sy pos te ontruim om die ANC “se integriteit” te beskerm, maar Khumalo ontken dit.

Khumalo is met verlof tot 9 Mei, maar sê hy is steeds burgemeester en het beslis nie opsy gestaan nie.

Mohau Shuping Foto: Facebook

Chris Hattingh, DA-kiesafdelingshoof in J.B. Marks, meen Khumalo moes bedank het nadat hy in hegtenis geneem is weens die beweerde bedrog en diefstal. Die DA se onlangse poging om Khumalo met ’n mosie van wantroue te verwyder, het misluk nadat die ANC eenparig gestem het hy moet as burgemeester aanbly.

“Om ’n burgemeester wat van diefstal en bedrog aangekla word te laat aanbly, is strydig met verantwoordbare regering,” sê Hattingh.

“Verkose openbare verteenwoordigers behoort in skaamte te bedank wanneer hulle van sulke ernstige misdrywe aangekla word.”

Die klagte teen Khumalo, Hendry en Shuping hou verband met ’n trustrekening waarin geld van die munisipaliteit inbetaal is, maar dis glo nooit aan die ouditeur-generaal verklaar nie. Fakture is na bewering vervals om dit te laat lyk asof die geld betaal is vir dienste wat gelewer is, het Rikhotso vroeër gesê. R5 miljoen is na bewering op dié manier gesteel.

Meer oor:  Potchefstroom  |  Kgotso Khumalo  |  Diefstal
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.