Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Bushiri-medebeskuldigde sê hy het nie van geld geweet
Die self-verklaarde profeet Shepherd Bushiri en sy vrou, Mary.Foto: Gallo Images

Willah Mudolo, een van die selfverklaarde profeet Shepherd Bushiri se medebeskuldigdes, sê die geld wat Bushiri na bewering na een van sy ondernemings se rekeninge oorbetaal het, het sonder sy medewete gebeur en is terugbetaal.

Mudolo en sy vrou, Zethu, ’n medebeskuldigde, het Donderdag naby aan mekaar in die beskuldigdebank van die landdroshof in Pretoria gesit terwyl hy notas met sy regspan uitgeruil het tydens hul tweede verskyning om vir borgtog aansoek te doen.

Die Mudolo’s, Landiwe Ntlokwana en Bushiri en sy vrou, Mary, word daarvan beskuldig dat hulle betrokke was by bedrog, diefstal en geldwassery van R102 miljoen.

Die Bushiri’s is tans in Malawi nadat hulle vroeër vandeesmaand hul borgtogvoorwaardes verbreek en uit die land gevlug het. Mudolo het gesê die afwesigheid van die Bushiri-egpaar sal die verhoor net verder vertraag en sy tyd in die tronk verleng.

Brendan Adams, ’n amptenaar van die departement van binnelandse sake, het Donderdag aan die hof gesê hy moes Mudolo se besoekerstatus in Augustus, twee maande voordat hy in hegtenis geneem is, verifieer.

Adams het vroeër gesê Mudolo het die plaaslike immigrasiewette oortree toe hy glo as ’n besoeker in die land sake gedoen het. Dit het hom na bewering ’n onwettige immigrant gemaak. Mudolo se prokureur, JP Marais, het na ’n brief van ’n amptenaar van binnelandse sake verwys en aangevoer dat dit daaruit blyk dat hy ’n onderneming in die land mag bestuur. Die saak is tot Dinsdag uitgestel.


Meer oor:  Shepherd Bushiri
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.