Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Bushiri om veiligheidsredes in Njala weg by hof

Die Valke het Donderdag verduidelik dat die omstrede past. Shepherd Bushiri weens veiligheidsredes in ’n Njala-voertuig by die handelshof in Pretoria weggeneem is.

Die omstrede past. Shepherd Bushiri by die Njala waarmee hy weggeneem is.Foto: Deaan Viviers

Polisiebeamptes het die 35-jarige Bushiri en sy vrou, Mary (37), na die Njala gelei nadat hulle Woensdag op R100 000 borgtog elk vrygelaat is. Die egpaar staan tereg op aanklagte van bedrog en geldwassery.

Vrae is intussen gevra oor waarom hulle dié voorkeurbehandeling kry.

Brig. Hangwani Mulaudzi, woordvoerder van die Valke, het by navraag verduidelik dat dit ’n voorsorgmaatreël was om te voorkom dat betogers hulle of die polisiebeamptes, wat hulle vergesel het, buite die hof oorval.

Dié besluit is geneem nadat die polisie opgemerk het dat groter hoeveelhede gemeentelede en ondersteuners deur die dag toegang tot die hof wou kry.

Ná afloop van sy hofverskyning is Bushiri 60 sekondes gegee om met sy ondersteuners buite die hof te praat. Hy het daarna in die Njala geklim en vir sy ondersteuners gewuif voordat hy deur die polisie weggeneem is.

Die egpaar se borgtogvoorwaardes sluit in dat hulle in Gauteng moet bly. Die saak word weer op 10 Mei aangehoor.

Ondersteuners van past. Shepherd Bushiri buite die handelshof in Pretoria.Foto: Deaan Viviers
Past. Shepherd Bushiri omring deur sy ondersteuners. Foto: Deaan Viviers

Meer oor:  Pretoria
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.