Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Bylsma-saak: Hof hoor ‘apartheidstaktiek’ is gebruik

Xander Bylsma (21) se regspan en die span vir die staat het Donderdagoggend hul slotbetoë gelewer in die binneverhoor oor die toelaatbaarheid van die bekentenis wat hy afgelê het en die uitwysings wat hy gedoen het.

Hy het enkele ure nadat Marna Engelbrecht (16) en Sharnelle Hough in Mei 2018 in Stella in Noordwes vermoor is, sekere erkennings oor die moorde gemaak. Nou ontken hy dit en sê hy is voorgesê en gedreig om te beken.

Sakkie Nel, Bylsma se advokaat, het in die Noordwes-hooggeregshof in Mmabatho aangevoer dat sy grondwetlike regte geskend is, onder meer omdat die private speurder Chris Saunders hom in der waarheid in hegtenis geneem en nie sy regte aan hom voorgehou het nie.

Xander Bylsma, Stella-moordsaak
Xander Bylsma en sy ma, Mercia, Donderdagoggend in die hooggeregshof in Mbabatho. Foto: Felix Dlangamandla
Xander Bylsma, Stella-moordsaak
Bylsma se ma, Mercia, omhels haar seun Woensdagoggend in die hof. Foto: Felix Dlangamandla

Nel het aangevoer dit was ’n “apartheidstaktiek” en strydig met die waardes van die Grondwet. Enige inligting wat strydig met die Grondwet verkry is, is ontoelaatbaar omdat dit neerkom op ’n onregverdige verhoor.”

Bylsma het ná die gesprek met Saunders, waarin hy glo skuld beken het, dieselfde erkennings teenoor die polisie gemaak.

Adv. Johan Smit SC, vir die staat, het egter aangevoer dat Saunders Bylsma nooit in hegtenis geneem het nie.

Xander Bylsma, Stella-moordsaak
Slotbetoë is gelewer in 'n binneverhoor om te bepaal of Bylsma se polisieverklaring en uitwysings toelaatbaar is. Foto: Felix Dlangamandla

Die staat gaan die bandopname (waarop Bylsma se gesprek met Saunders is) nooit as ’n bewysstuk in die hof gebruik om Bylsma se skuld te bewys nie. Dis bloot gebruik om te bewys dat Bylsma nie voorgesê en gedreig is soos hy beweer nie.”

Regter Ronald Hendricks sal na verwagting 14:00 uitspraak gee oor die toelaatbaarheid van die bekentenis en uitwysings.

Hou Netwerk24 dop vir ’n volledige berig oor die onderskeie regspanne se betoë.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.