Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Carl Schoombie se moordenaars gou gevonnis

Die twee mans wat in 2015 ’n student van die Universiteit Stellenbosch vermoor het, gaan later vandeesweek gevonnis word.

Brent Henry en Juane Jacobs gaan Vrydag gevonnis word nadat hulle in November 2015 vir Carl Schoombie noodlottig aangerand het.

Carl Schoombie. Foto: Verskaf

Hulle het Maandag in die hooggeregshof in Kaapstad verskyn. Regter Robert Henney het bevind die bewysstukke teen Henry en Jacobs is oorweldigend.

Hulle het destyds die Uber-taxi gevolg waarin Schoombie en sy drie vriende gery het nadat hulle die aand uit was.

Hulle het die taxi in ’n doodloopstraat geblokkeer en ’n “wrede en genadelose” aanranding het gevolg.

Hulle het Schoombie daarvan beskuldig dat hy moeilikheid by die Tiger Tiger-nagklub in Claremont, Kaapstad, veroorsaak het.

Henney het gesê hulle het met die gemeenskaplike doel opgetree om Schoombie te vermoor sonder voorbedagte rade, want hulle het hom teen die kop geslaan.

“Dit blyk die hoofdoel van die beskuldigdes was om die oorledene onophoudelik te skop en te slaan en nêrens anders op sy liggaam nie.”

’n Patoloog het gesê Schoombie het ’n breinbesering gehad wat slegs gesien word by mense in motorongelukke.

Schoombie is in die hospitaal opgeneem en is ’n paar dae later dood.

Henney het gesê die beskuldigdes kon nie verklaar hoe hulle Schoombie in sy toestand op die skouer van die pad gelos het nie.

Henry het Schoombie se familie om verskoning gevra nadat hulle skuldig bevind is, maar het geswyg oor wat die aand gebeur het.

Jacobs was nooit in die getuiebank nie.

Christopher Burke, staatsaanklaer, het destyds aangevoer Henry het nie berou oor wat hy gedoen het nie.

Henney het gesê as Henry wil hê die hof moet hom help, moet hy oop kaarte speel.

Henry het probeer om te verduidelik wat die aand gebeur het sonder om homself en Jacobs te inkrimineer.

Burke het gesê: “Steeds wil jy hier kom en sê jy het niks gedoen nie.” – News24

Meer oor:  Carl Schoombie  |  Kaapstad  |  Moordenaars  |  Gevonnis  |  Matie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.