Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Catzavelos beken skuld ná k-woord op strand
Catzavelos
Adam Catzavelos met 'n vorige hofverskyning.

Adam Catzavelos, die man agter die k-woord-video wat hy op ’n strand in Griekeland opgeneem het, het Donderdag skuld beken op ’n aanklag van haatspraak in die landdroshof in Randburg, Johannesburg.

“Die beskuldigde erken dat hy die video opgeneem het en daardie woorde gebruik het op 12 Augustus verlede jaar.

“Hy aanvaar dat die video vir die eerste keer op 27 Augustus vanjaar deur die klaer, Mandisa Mashego, gesien is,” het Lawley Shain, Catzavelos se prokureur, aan die hof gesê.

“Die beskuldigde erken dat die gebruik van die k-woord mense se waardigheid aangetas het.”

Shain het aangevoer Catzavelos was onder die invloed van drank toe hy die uitlating gemaak het en toe hy die video daarvan aan vriende van hom aangestuur het.

Hy sê ook dat Catzavelos vroeër die slagoffer van twee misdaadvoorvalle was waar die oortreders swart mense was.

“U edelagbare, almal op die strand was wit, dit is so. Ek sê nie dat hy nie rassisties is nie, maar dat dit omstandighede was wat aanleiding gegee het tot die video wat hy opgeneem het. Hy aanvaar verantwoordelikheid vir sy optrede.”

Kort voor Catzavelos se verskyning in die hof is dit bekend gemaak dat die staat Woensdag eers die pleitvoorstel van sy regspan ontvang het, en dat die saak moontlik verder uitgestel sou word. Die beskuldigde het egter verkies om voort te gaan en om skuld te beken sodat die saak afgehandel kan word.

Die saak is tot 13 Februarie vir die vonnisverrigtinge uitgestel.

Meer oor:  Adam Catzavelos  |  Landdroshof  |  Randburg  |  K-Woord  |  Haatspraak
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.