Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Centurion-aanval: 2 mans vra Februarie vir borgtog

Die twee jong mans wat vroeër saam met ’n 17-jarige meisie in hegtenis geneem is in verband met die aanval op Barnie (54) en Magda (49) van Heerden sal volgende maand aansoeke om borgtog bring.

Die drie het Maandag vir die eerste keer saam in die beskuldigdebank in die landdroshof in Pretoria verskyn.

ruan van heerden, colson phelps
Ruan van Heerden (18) en Colson William Phelps (22) Maandag in die landdroshof in Pretoria. Foto Deaan Vivier

Die Van Heerden-egpaar is in die oggendure van 10 Januarie in hul huis in Pierre van Ryneveld-park, Centurion, met ’n mes en ’n gholfstok aangerand en onder meer van selfone, ’n beursie met bankkaarte, die veiligheidskameras se rekenaarhardeskyf en ’n handsak met inhoud beroof.

Die egpaar se enigste kind, Ruan van Heerden (18), en twee van sy vriende, Colson William Phelps (22) en ’n 17-jarige meisie, is sedertien in hegtenis geneem op aanklag van poging tot moord, diefstal van Barnie se voertuig en roof met verswarende omstandighede.

Die minderjarige meisie is intussen in die sorg van haar ma vrygelaat, maar die twee mans is steeds in aanhouding.

Tumi Phongola-Nkosi, staatsaanklaer, het Maandag in die hof gesê die staat sal Van Heerden en Phelps se aansoeke om op borgtog vrygelaat te word teenstaan. Die saak is toe vir die doel uitgestel.

Die twee mans bly in aanhouding.

Meer oor:  Ruan Van Heerden  |  Centurion
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.