Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Centurion-aanval: 3de verdagte verskyn in hof

Die derde verdagte in die aanval op Barnie en Magda van Heerden van Centurion het Donderdag in die landdroshof in Pretoria verskyn.

Ruan van Heerden (18) het Maandag alleen in die landdroshof in Pretoria op aanklagte van onder meer poging tot moord op sy ouers verskyn.Foto: Deaan Vivier

Colson William Phelps (22) van Faerie Glen, Pretoria, is Dinsdag by die Grove-winkelsentrum in die ooste van Pretoria aangekeer. Hy word daarvan verdink dat hy verlede week saam met Ruan van Heerden (18) en ’n 17-jarige meisie Van Heerden se ouers in hul huis in Pierre van Ryneveld-park met ’n gholfstok en ’n mes aangeval het.

Die drie beskuldigdes word van poging tot moord aangekla, sowel as van roof met verswarende omstandighede en motordiefstal.

Phelps is Donderdag as beskuldigde op die klagstaat gevoeg.

Dis saak is in camera aangehoor omdat die minderjarige meisie, wat voorheen in die kinderreghof verskyn het, ook op die klagstaat gevoeg is.

Die saak teen Colson en die meisie is toe uitgestel na Maandag wanneer hul saam met Van Heerden sal verskyn.

Die meisie is nou in die sorg van haar ouers vrygelaat.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.