Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Centurion-aanval: Beskuldige na Weskoppies verwys

’n Distriksgeneesheer het Donderdag aanbeveel dat een van die verdagtes in die aanval op ’n egpaar van Centurion na die Weskoppies Psigiatriese Hospitaal in Pretoria verwys word.

Ruan van Heerden en Colson Phelps met ’n vorige hofverskyning. Foto: Deaan Vivier

Dit kom nadat Colson Phelps (20) Woensdag in sy borgtogaansoek in die landdroshof in Pretoria aangevoer het dat hy ’n geskiedenis van geestesongesteldheid het.

Hy word saam met Ruan van Heerden en ’n 17-jarige meisie daarvan beskuldig dat hulle by die aanval op Van Heerden se ouers, Barnie en Magda, betrokke was.

Die ouerpaar is op 10 Januarie met ’n gholfstok en ’n mes in hul huis aangeval.

Die drie beskuldigdes is kort daarna in hegtenis geneem.

Die meisie is later in haar ma se sorg vrygelaat en Van Heerden het intussen sy borgtogaansoek laat vaar omdat hy nie ’n vaste adres het nie.

Phelps, wat op 14 Januarie in hegtenis geneem is, het wel Woensdag met sy aansoek om borgtog voortgegaan.

Luidens sy verklaring wat sy regsverteenwoordiger, adv. Louis Kok, in die hof voorgelees het, het sy geestesongesteldheid glo daartoe gelei dat hy vroeg in 2019 probeer het om homself om die lewe te bring.

’n Psigiater het toe bevind dat hy in ’n stadium psigoties was, en bipolêre gemoedsteuring is by hom gediagnoseer.

Hy moes medikasie gebruik, maar het ongeveer drie maande voor sy inhegtenisneming besluit om homself daarvan te “speen”.

“My inhegtenisneming en aanhouding was ’n groot wekroep,” het hy aangevoer en bygevoeg dat hy dringend behandeling, sy psigiatriese medikasie en moontlik hospitalisasie benodig, wat hy net kan ontvang as hy op borgtog vrygelaat word.

’n Psigiater het toe bevind dat hy in ’n stadium psigoties was, en bipolêre gemoedsteuring is by hom gediagnoseer.

Hierop het Tumi Pongola-Nkosi, die staatsaanklaer, Woensdag gesê die beskuldigde se bewering dat hy aan ’n geestesongesteldheid ly, is “baie ernstig” en die staat sal dit moet bevestig voordat met die borgtogaansoek voortgegaan kan word.

Phelps is Donderdagoggend vir evaluasie na ’n distriksgeneesheer geneem, waarna hy na die Weskoppies Psigiatriese Hospitaal vir waarneming verwys is. Daar is egter ’n waglys vir beddens in die hospitaal en die saak is voorlopig tot Maart uitgestel.

Phelps en Van Heerden bly in aanhouding.

Meer oor:  Weskoppies  |  Centurion-Aanval  |  Colson Phelps  |  Centurion  |  Aanval
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.