Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Chinees vasgetrek oor ietermago-skubbe
Ietermago-skubbe en ’n haaivin is naby Stormsrivier in ’n Chinese man se voertuig gevind. Hy verskyn Maandag in die hof.Foto ter illustrasie: Media24Argief

’n Chinese man sal Maandag in die landdroshof op Humansdorp verskyn nadat hy die afgelope Vrydag naby Stormsrivier betrap is met skubbe van die bedreigde ietermago en ’n haaivin in sy besit.

Die verbode items het aan die lig gekom toe die

’n 39-jarige man se wit Fiat Ducato op die N2 naby Stormsriver in ’n padblokkade gestop en deursoek is, het sers. Majola Nkohli, polisiewoordvoerder, bevestig.

Die verdagte verskyn op aanklagte van die oortreding van die Wet op Biodiversiteit, het hy bygevoeg.

Intussen het brig. Neil Jantjies, bevelvoerder van Humansdorp se polisiëringsgebied, gesê die polisie sal voortgaan met padblokkades op verskeie roetes gedurende die feestyd om ’n bloedbad op die paaie te voorkom.

“Daar sal geen Kersliedere vir mense wees wat die wet oortree nie,” het hy bygevoeg.

Altesaam 26 verkeersboetes ten gesamentlike bedrae van R28 300 is ook al in dié gebied uitgereik. – Roslyn Baatjies

Meer oor:  Humansdorp
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.