Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Clanwilliam-juffrou se ‘moordenaar’ los borgtog-aansoek

Die saak teen Philip April (24) wat daarvan aangekla word dat hy die onderwyseres Allison Plaatjies (26) drie weke gelede vermoor het, is Woensdag in die landdroshof in Clanwilliam in die Wes-Kaap tot 5 Februarie 2020 uitgestel.

Plaatjies se bebloede lyk met veelvuldige meswonde is op Sondagaand 27 Oktober op die vloer in haar woonstel in Katjiepieringstraat, Clanwilliam, ontdek. Vriende en familie het sedert die vorige aand sonder sukses na haar gesoek.

April (24), ’n onderwysstudent en Plaatjies se kêrel, het glo ’n bekentenis aan die polisie afgelê. Hy staan op aanklag van moord tereg en sou Woensdag om borgtog aansoek doen, maar het sy aansoek laat vaar.

Die staatsaanklaer het aan die hof gesê die dossier word na die direkteur van openbare vervolging verwys vir ’n besluit of die verhoor in die streekhof of hooggeregshof aangehoor moet word. Die ondersoek moet ook nog gefinaliseer word.

Allison Plaatjies en haar kêrel, Philip April, in gelukkiger tye. Foto: Facebook/Allison Plaatjies

Meer oor:  Allison Plaatjies  |  Philip April  |  Clanwilliam  |  Hof  |  Moordsaak
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.