Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Clifton-sage draai in hooggeregshof

Die privaat-veiligheidsmaatskappy wat in Desember strandgangers van Clifton se Vierde Strand in Kaapstad verjaag het, het Woensdag die hof genader om drie wagte se registrasie by die reguleringsowerheid vir die private veiligheidsbedryf (Psira) te herstel.

Psira het die PPA-wagte, wat by die voorval betrokke was, hangende ’n formele tugondersoek geskors.

Die hooggeregshof in Pretoria het die PPA (Professional Protection Alternatives) se aansoek van die hand gewys omdat die wagte se tugverhoor nog nie afgehandel is nie.

Dié verhoor sal na verwagting op 4 Maart gehou word.

Prisa ondersoek ook beweringe dat die drie PPA-wagte die etiese gedragskode tydens die voorval op 23 Desember op een van Clifton se bekendste strande oortree het.

Die wagte het strandgangers verwilder sonder dat hulle ’n amptelike kontrak of mandaat gehad het.

Chris Diedericks, direkteur van die PPA, het vroeër vandeesmaand in die parlement aan die portefeuljekomitee oor omgewingsake gebieg die maatskappy het geen amptelike kontrak of mandaat gehad om dienste op openbare plekke in Kaapstad te lewer nie.

Ondersoek word ingestel na die voorval wat in ’n rasseherrie ontaard het. ’n Skaap is tydens ’n protes-saamtrek op die strand geslag.

Meer oor:  Clifton  |  Veiligheidswagte
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.