Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Coligny-2 onskuldig op alle aanklagte, beslis appèlhof

Phillip Schutte (34) en Pieter Doorewaard (27), die beskuldigdes in die sogenaamde sonneblomsaak in Coligny, Noordwes, is Vrydagoggend in die appèlhof in Bloemfontein onskuldig bevind aan al die aanklagte teen hulle.

Hulle is vroeër skuldig bevind aan onder meer moord op Matlhomola Moshoeu (15) in April 2017.

Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, het die onskuldigbevinding laatoggend bevestig en gesê dié uitkoms maak dit uit en uit die moeite werd vir AfriForum om die mans se saak te dryf. “Ons het van die begin af in hul onskuld geglo en is dankbaar dat geregtigheid geskied het.”

AfriForum se regspan het die appèlaansoek in Bloemfontein gebring, nadat regter Ronald Hendricks aanvanklik verlof tot appèl in die hooggeregshof in Mmabatho geweier het.

Pieter Doorewaard (links) en Phillip Schutte met ’n vorige hofverskyning. Foto: Argief

AfriForum gaan nou voort om siviele eise in te dien en oorweeg ook om ’n klag van meineed in te dien teen Bonakele Pakisi, die enigste beweerde ooggetuie van die voorval in 2017 waartydens Matlhomola dood is op die plaas naby Coligny waar Doorewaard en Schutte gewerk het.

Regter Hendricks het Pakisi se getuienis aanvaar dat Schutte Matlhomola van ’n bewegende bakkie gegooi het terwyl Doorewaard bestuur het. Hulle het Matlhomola opgelaai om polisiekantoor toe te neem nadat hy glo sonneblomme gesteel het. Die hof het Doorewaard en Schutte se weergawe dat die seun van die bakkie geval het, verwerp.

Pakisi het ná die mans se skuldigbevinding egter beweer hy is omgekoop om in die hof te lieg, en later weer dié stelling teruggetrek.

Doorewaard en Schutte is in Mei 2019 op borgtog vrygelaat hangend hul appèl, nadat hulle in Oktober 2018 skuldig bevind is aan onder meer die moord. Doorewaard is effektief 18 jaar tronkstraf opgelê en Schutte 23 jaar.

Hou Netwerk24 dop vir meer.

Meer oor:  Pieter Doorewaard  |  Phillip Schutte  |  Coligny-2  |  Coligny-Saak  |  Moord  |  Hof
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.